Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Die maansverduistering en ’n paar ander aspekte vandag beteken dit sal ’n baie spesiale jaar vir jou wees. Omtrent elke ander gebied van jou lewe sal met hierdie sterre verbeter. Die sterre vir jou liefdeslewe lyk ook uitstekend.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Daar lê groot dinge vir hierdie mens voor. Hulle sal ambisieus, talentvol en gelukkig wees; ’n wonderlike kombinasie. Dit sal my min verbaas as hierdie een wêreldberoemd word. Hulle sal grense oorsteek.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag se sterre raak jou verhoudings, veral dié wat baie intiem is. Jy gaan na jou situasie kyk en besluit dit lyk goed en jy hoop alles hou so aan.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag se maansverduistering bring ’n nuwe uitkyk op werk en ’n paar aspekte van ’n gesonde lewe. Vir sommige Skerpioene beteken dit ’n eerlike besluit om van nou af gesonder te lewe.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag se maansverduistering val in jou hoek van die liefde en romanse. Almal wat hul sterre lees, sal jou vandag beny, want jou vooruitsigte vir die liefde en romanse lyk wonderlik. Oorweeg ’n intieme ete vir twee.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag is ’n keerpunt vir sake by die huis. Dikwels gaan hierdie sterre gepaard met ’n verwydering. As dit nie nou gebeur nie, sal dit binne die volgende ses maande gebeur. Maansverduisterings het dikwels tot ses maande later nog ’n uitwerking.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag se maansverduistering val in jou hoek van kommunikasie. Dit beteken jy sal belangrike boodskappe ontvang en stuur. Baie dikwels blyk hierdie boodskappe onskuldig te wees, maar word later ernstig.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag se sterre vereis dat jy energie bestee daaraan om jou geldsake uit te stryk. Dis ’n gebied wat jou min interesseer; solank jy genoeg het, soek jy nie nog nie. Dit is tyd om daardie houding te verander.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag se maansverduistering val in jou teken. Dit bring spoke uit die verlede. Vir sommige Ramme kan die verlede tot 20 jaar gelede wees, maar alle Ramme sal rede hê om te dink aan gebeure van destyds.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag se maanbedrywighede bring oponthoud en ongerief mee. Dit maak nie sin om jou daaroor te verknies nie; dit sal dit net erger maak.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Vandag kry jy iets wat jy wil hê. Dis niks groots nie en jy wonder hoekom jy so lank moes wag vir iets om te vlot. Aanvaar dit met grasie en gaan aan met jou lewe.

KREEF (22 Jun.- 23 Jul.)

Die gebeure wat die maansverduistering vandag veroorsaak, is belangrik. Dit sal dalk nie belangrik voorkom terwyl dit gebeur nie, maar mettertyd sal jy aan 8 Oktober dink as ’n groot keerpunt in jou lewe.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy dink al weer aan verafgeleë plekke. Jy dink aan plekke wat jy besoek het, plekke waar jy ’n sukses was. Jy wil weer van daardie sukses proe, maar ’n mens kan nie sommer sulke sukses herhaal nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die maansverduistering bring vandag ’n einde en ’n begin. Jy gaan bewus wees van die einde, maar die begin sal dalk effe te obskuur wees vir jou om dit te besef. Die lewe is vol eindes en beginne.