Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy moet jou gesonde verstand gebruik in alles wat jy aanpak, veral dieet en oefening. Dit is ’n tyd waarin jy oordaad moet vermy. Daar is goeie sterre vir geldsake maar terselfdertyd is daar probleme weens misleiding.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is geesdriftig. Hulle is vaardig en sien potensiaal in situasies en probeer dan met daardie insig vorder, maar word dikwels voorgespring of Murphy se wet tree in. Hulle het ’n goeie verstand en is vlug van begrip en deeglik.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre vir partytjie hou en die middelpunt van aandag wees, jou gunstelingplek. Vandag begin iets. Dis niks nuuts nie, maar dit is iets wat jy wou hê moet begin.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets geheims of wat nie bespreek word nie, maak jou dag. Soms gaan vandag se soort sterre gepaard met die een of ander soort partytjie of viering ná werk. Wat dit ook al is, dit sal jou dag en week maak.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag bring goeie sterre vir liefde en romanse. Hierdie sterre sal jou dalk nie tussen die wolke laat beland nie, maar daar sal wel oomblikke wees wat jy sal wil onthou. Die middag en aand bring nog goeie toestande.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy begin die dag stilletjies en sorteer uit wat jy nodig het om jou huis gemakliker en aantrekliker te maak, maar jy handel dit alles af en later in die dag het jy goeie sterre om beloon te word.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir gesins- of familiesake. Baie dikwels beteken dit jy woon die een of ander samekoms by. Dit is te klein om dit ’n partytjie te noem, maar jy sal mense ontmoet en ’n bietjie op die hoogte kom met al die skindernuus.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het beheer oor jou geldsake. Jy weet hoeveel jy moet betaal en het alles gereed. As dit maar net so eenvoudig was. Teen die middag besef jy die uitgawes oorskry die beskikbare kontant.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is daar ’n nuwe begin. Dit sal iewers in die middag begin, maar jy sal die grootste deel van die oggend daaraan werk. Die goeie nuus is, dit sal goed verloop en jy sal bly wees dit het begin.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Vandag begin baie mense – jy inkluis – nuwe projekte. Maar die nuwe projek wat jy begin, het sy oorsprong in tye wat al lank verby is. Nou moet jy hard dink om seker te maak jy weet wat jy doen.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

In ’n sekere mate duik gebeure uit die verlede herhaaldelik op. Jy sal besig wees met iets en dan ’n oorweldigende gevoel van déjà vu kry. Ek dink nie dit beteken veel nie, maar vandag se sterre is soortgelyk aan lank gelede.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie sterre vir skielike inkomste. Dit is nie regtig baie nie, maar klein dingetjies val in jou skoot. Dit is ’n tyd waarin jy voel jy moet jou horisonne verbreed en nuwe dinge aanpak. Dit is ’n goeie tyd vir samekomste.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy wen iets. Omdat dit die naweek is, dink ek nie dit hou verband met werk nie. Dit is meer geneig om met ’n stokperdjie te make te hê. Dalk neem Kietsie of Wagter aan ’n skou deel en wen ’n prys.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy dink al weer aan lang afstande. Terselfdertyd dink jy aan intieme verhoudings. Dalk oorweeg jy dit om jou maat met ’n vakansie in die buiteland te bederf of dalk beplan julle ’n blaaskans.