Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is goeie sterre vir die liefde en romanse. Diegene wat nie in ’n verhouding is nie, kan nuwe liefde vind. Diegene in ’n verhouding kan nuwe woema in hul liefdeslewe ervaar. Vanjaar is daar ook ’n groot fokus op sake wat met die gemak van jou huis te doen het.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is geneig om suksesvol te wees op gebiede wat met die see of water in die algemeen te doen het. Hulle is dalk goeie swemmers of stel belang in seiljagvaart of ander watersport. Hulle is vindingryk en baie verbeeldingryk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre om tyd saam met vriende en kollegas deur te bring, veral as julle oor ’n koppie koffie of iets sterkers kuier. Tyd is al probleem. Jy het baie om te doen en het nie veel vrye tyd vir kuier nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

As jy jou in ’n posisie bevind waar jy die besluite oor ’n projek neem, moenie begin dink dis permanent of selfs amptelik nie. Dit sal nie amptelik wees nie en jy sal byna vir seker geen beloning vir jou moeite kry nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is weer gesprekke oor ’n oorsese reis of minstens die een of ander soort kontak met mense op ver plekke. Soms bring die sterre wat jy het, buitelandse oproepe mee of dis jy wat hierdie oproepe maak. Hoe ook al, jy kry die inligting wat jy wil hê.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iemand gee jou ’n rekening. Gaan dit deeglik na, want die misleidende Neptunus is ter sprake. Dit beteken iets skort. Dalk is die rekening te groot of dalk het jy nie gekoop of gedoen waarvoor jy moet betaal nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het betowerende sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Met hierdie sterre sal jy op ’n towertapyt van passie en plesier weggevoer word. Sorg vir ’n romantiese atmosfeer wanneer jy vanaand by die huis kom en geniet dit!

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Wees versigtig met jou werk. Daar is bedrieglike sterre en iemand kan iemand anders probeer ondermyn. Jy is dalk nie die persoon wat ondermyn word nie, maar as jy nie versigtig is nie, kan jy in die middel van die uitval beland.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Neptunus in jou hoek vir liefde en romanse bring goeie omstandighede mee, maar natuurlik is dit Vrydag en ’n werkdag. Die liefde vind altyd ’n weg. Sekerlik kan daar ’n middagkuiertjie gereël word, selfs op ’n Vrydag.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is die een of ander soort lekplek. Dis nie duidelik presies wat dit is wat lek nie, maar ’n kundige sal daaraan moet aandag gee. Dit kan ’n voertuig se verkoeler wees. Hou dus water by jou vir ingeval.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy sal ’n bietjie rondhardloop om iets te kry wat byna op is. Die verkoopspersoneel weet nie waarvan jy praat nie en jy haat dit.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Wees ekstra versigtig met jou geld – in jou beursie én in jou bankrekening. Moenie jou kredietkaart te maklik gebruik nie en moenie items koop wat jy weet jy nie kan teruggee as dit foutief is nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is daar verwarring omdat iemand kripties praat of jy nie behoorlik luister nie. Verwarring op ’n Vrydag, hoe ongewoon!

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iemand grawe ou koeie uit die sloot en omdat die planeet Neptunus hier ter sprake is, verwag ek die persoon wat dit doen, het nie edele bedoelings nie. Bly dus stil oor jou en ander se verlede.