Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal daar vreemde en onverwagte gebeure en veranderinge wees. Die meeste van wat gebeur, sal jou bly maak. Jy sal in dié tyd jou gesonde verstand in jou werk en alledaagse take moet gebruik.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het baie potensiaal. Hulle sal waarskynlik eers later aan die gang kom, maar sal laat in hul lewe goed vaar. Hulle sal soos ’n lopende ensiklopedie wees, want hulle sal alles oor alle dinge wil weet.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy voel effens olik. Dis nie so erg dat jy siekverlof neem nie, maar dit breek jou spoed. Jy het dit regtig nie op die eerste dag van die werkweek nodig nie. Staal jouself, Tweeling, en handel die werk af.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het goeie sterre vir liefde en romanse. Hierdie sterre het meestal met fantasie te doen. Jy kan dus ’n groot deel van die dag deurbring deur die omgewing te bewonder en te droom oor hoe dinge kan wees as drome kan waar word.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag se sterre behels ’n soort vennootskap of nabye verbintenis en sake wat met werk te doen het. Dis een van daardie dae wanneer jy nie alleen moet probeer werk nie. Doen jou bes om in ’n groep te werk.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is heelwat werk wat gedoen moet word, maar omdat iemand jou in die steek laat, is jy die een wat die moeilike werk doen. Probleme word veroorsaak omdat iemand siek is of sê dat hulle siek is.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir geldsake – met ’n bietjie hulp van die geluksgodin. Dit sal jou nie ryk maak nie, moet dus nie vir die groot een mik nie. Wees tevrede met klein gelukkies en kyk vorentoe. Jy het ook goeie sterre vir liefde en romanse.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy besluit om iets te eindig. Dis die begin van die week en jy wil nie hê dieselfde ou gemors moet jou dag en week volmaak nie. Wees net versigtig en moenie goed uitgooi wat jy binnekort kan nodig kry nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit lyk of jy baie rondhardloop. Jy sal nie omgee nie, want jy sal aangename geselskap hê en die take self sal ook lekker wees. Daar is ook goeie sterre om familie en bure te kontak.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets wat jy wou hê, kom na jou kant toe. Soos dit so baie keer die geval is, sal dit te min te laat wees en jy sal nie juis voordeel daaruit trek nie. Dit is steeds goed dat dinge vir jou gebeur.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy begin die dag en week baie begeesterd. Jy is gereed om met ’n nuwe, heeltemal ander projek te begin. Wel, dis hoe jy dit beplan het. Kom ons kyk of dit so uitwerk.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

’n Kwessie uit die verlede wat nooit toegelaat moes word om te ontwikkel nie, sal binnekort die punt bereik waar iets daaraan gedoen moet word. Soms is dit die beste om te maak of jy niks van enigiets weet nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iets wat jy wou hê, gebeur eindelik. Dis moeilik om te sê presies wat die wens behels, maar dit kan ’n kortafstandreis of vervoer wees of dalk het dit met jou liefdeslewe te doen.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is aanduidings van aksie op die beroepsfront, maar op die eerste dag van die werkweek het jy dit min of meer verwag. Van die aktiwiteite sal jou van jou regtig belangrike projekte weghou.