JOU DAG

Jou kreatiwiteit is vandag groot. Moenie onnodig oorhaastig wees nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander bewonder jou praktiese, verantwoordelike benadering tot die lewe. Desember is ’n heerlike maand vir liefde, romanse en intieme verhoudings.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Rooiwarm Ram, die maan of Mars se ligging vandag kan ’n resep vir moeilikheid wees, veral as jy jou impulsiewe kant laat oorneem. Kalmeer en koel af voor jy ontplof.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Die omstandighede is goed vir alle soorte studie, navorsing en reis. Jy soek wyd en syd na inligting en avontuur. Moenie in ’n groef verval nie – beplan om proaktief te wees oor die leer van nuwe dinge.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Koester verhoudings met mense wat jou aanmoedig om jou drome vir die toekoms te bewaarheid. Jou geldsake is tans aan die verander. Streef daarna om geldelik meer onafhanklik te wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

As jy sê wat jy dink, kan jy ander onbedoeld beledig. Dink dus vandag mooi voor jy praat. As jy twyfel, hou jou mond toe en stap weg.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Eersugtige Leeu, daar is goeie sterre om doelwitte te stel en ambisieuse drome na te jaag. Maar omstandighede verander die heeltyd en dus sal jy jou planne gereeld moet aanpas.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Met die maan in jou sone vir gesamentlike geldsake is dit tyd om aan jou neseier te werk. Vind meer konserwatiewe maniere om jou geld in die onvoorspelbare ekonomiese klimaat nog harder vir jou te laat werk.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

As jy agteroor sit en ander die besluite laat neem, sal jy verlam en magteloos voel. Met die maan in die oonafhanklike Ram se gebied is dit tyd om meer selfonderhoudend te wees, veral in verhoudings.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het vandag ’n keuse. Jy kan supermagtig en geesdriftig wees of dwingend en beherend. Streef daarna om jou energie op baie positiewe en proaktiewe maniere aan te wend.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Vandag is daar goeie sterre om kos en heerlike tye saam met geliefdes te geniet. ’n Kind, tiener of vriend kan jou met ’n woedeaanval, onvoorspelbare buie of ongewone keuses verras.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Weerstaan die begeerte om vandag ’n ontwrigtende invloed in jou huis te wees. Probeer liewer slim en verstandig wees. Dit wat jy sê het ’n diepgaande invloed op ander. Kies dus jou woorde wys.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy voel rusteloos en kommunikasie kan vandag skeefloop wanneer jy nie verstaan wat iemand regtig bedoel nie. Vermy belangrike besluite tot jy rustiger is.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag se sterre kan impulsiewe inkopies en haastige besluite oor geld meebring. Voor jy enigiets koop, moet jy dus eers stop en dink of jy dit regtig nodig het. As die antwoord nee is, loop verby!