Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het uitstekende sterre vir vanjaar. Jou geluk draai en jy het meer geld in jou sak. Geleenthede kom na jou toe sonder dat jy veel moeite doen. Jy kan dalk op klein skaal wen.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het ’n skerp verstand. Hulle is vinnig, waaksaam en vlug van begrip. Hulle het ’n goeie verbeelding en die vermoë om akkuraat te redeneer. Hulle is vriendelik en gesellig. Hulle sal ’n groot verskeidenheid vriende hê wat deur dik en dun by hulle sal staan.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie omstandighede vir gesamentlike geldsake. Dit beteken nie jy kan ’n vloot Rolls Royces gaan koop nie, maar dinge sal effens makliker wees. Mense wat jou geld of gunste skuld, sal dit nou betaal of doen.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is wonderlike sterre vir die huwelik en intimiteit. Hierdie sterre bring dalk nie veel aksie nie, maar ’n spesiale saamwees en dis waaraan jy nou al ’n hele rukkie ’n behoefte het.

VIS (20 Feb.-20 Mrt)

Vandag het jy sterre vir die een of ander soort klein maar irriterende gesondheidsprobleem. Met hierdie sterre sal jy dalk die pleister en salf moet inspan, maar dis al. Bly kalm.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die welwillende Jupiter is in jou hoek vir liefde en romanse geaktiveer. Dit is veral goed vir sake wat met liefde te doen het. Koop dus vir jou geliefde iets wat jy weet waardeer sal word en laat die lieflike Jupiter die res doen.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir huissake. Gewoonlik behels hierdie sterre uitbreiding op die een of ander gebied. Dalk skuif jy van jou formele uitrustings na ’n ander vertrek.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het goeie sterre vir ’n kortafstand-reis. Gewoonlik val hierdie sterre saam met ’n besoek aan familie of bure. Soms loop dit uit op die een of ander soort partytjie of sosiale geselligheid, maar meer dikwels hou dit net ’n gelukkige atmosfeer in.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Eindelik het jy goeie sterre vir geldsake. Dit sou goed wees as dit beteken het daar is ’n wen in die vooruitsig, maar meer dikwels is die enigste ekstra geld onder hierdie sterre geld wat jy verdien het of waarop jy geregtig is.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag heers ’n gelukkige atmosfeer. Dit sal jou vanoggend laat glimlag en daai glimlag sal vir die grootste deel van die dag op jou gesig bly. Dis ’n goeie dag om met ’n loterykaartjie te waag. Sommige Leeus kan iets kleins maar lekker wen.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Dikwels bring die sterre wat jy vandag het dinge van die verlede na vore. Gewoonlik is dit iets goeds wat jy gedoen het en nou kry jy lof daarvoor nadat daar soveel tyd verloop het.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy het goeie sterre vir samesyn met vriende. Daar is ook ’n goeie atmosfeer daarvoor dat iets wat jy gesê of gedoen het verdedig sal word. Dit sal duidelik word dat jy sal maai wat jy gesaai het. Maar hierdie keer is dit in ’n groot mate tot jou voordeel.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Met die sterre wat jy het, behoort jy die grootste deel van die dag in ’n opgeruimde bui te wees. Daar sal geen duidelike rede vir hierdie luim wees nie. Mense kan jou dalk skeef aankyk en verkeerdelik dink jy het gedrink.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het goeie sterre vir kontak met mense op veraf plekke. Daar is selfs goeie sterre om hierdie plekke te besoek. Ek dink nie baie Boogskutters sal vandag weggaan nie, maar dié wat wel sal, sal ’n heerlike tyd hê.