Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n belangrike jaar, nie soseer oor wat gebeur nie, maar oor hoe jy algehele veranderinge op verskeie gebiede in jou lewe maak. Nuwe werk- en huislike omstandighede wag. Dit is ’n opwindende tyd.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is baie slim, maar is nogal ’n dromer en dalk ’n bietjie te goedgelowig. Hulle is nie juis goed daarmee om iemand se karakter op te som nie. Hulle stel belang en is taamlik bedrewe in watersport.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die week begin met betekenisvolle sterre. Jy sal ’n belangrike besluit moet neem wat jou lewe en dié van die mense om jou nogal lank sal raak. Moenie oorhaastig besluit nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Om die een of ander rede, miskien omdat Kersfees vinnig nader, sal jy op omstandighede in die verlede konsentreer. Omdat jy ’n kardinale teken is, sal jy jou waarskynlik op die foute toespits.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal baie kontak met vriende en kollegas hê. Dis moeilik om te sê presies hoe dit op jou lewe van toepassing is, maar jy sal met mense praat en ooreenkomste bereik. Dalk maak jy gereed om jou werk af te skaal.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar sal ’n klein bevordering wees. Heel dikwels bring hierdie sterre ’n bevordering wat so klein is dat jy nie eens besef dis een nie. Dit beteken bloot jy sal besluite neem oor werk wat jy nie gewoonlik doen nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Aan die begin van die week sal jy dink oor mense of omstandighede op afgeleë plekke, veral oorsee. Met hierdie sterre sal jy dit waarskynlik oorweeg om ’n reis vir jouself te bespreek.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Gesamentlike geldsake sal jou weer besig hou, maar hierdie keer sal jy iemand kry wat met goeie raad sal help of dalk iets sal doen wat help om jou saldo weer in die swart te kry. Dis altyd ’n goeie gevoel.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jou gedagtes is by twee sake, maar omdat jy onder die teken van die Tweeling gebore is, is dit geen nuwigheid of ernstige probleem nie. Nog iets waaroor jy vandag sal nadink, is jou intieme verhoudings, veral ná die naweek.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy dink baie oor jou werk. Eerstens sal jy konsentreer op die werkprobleme wat jy verlede week ervaar het en dan sal jy wonder hoe jy dinge daagliks vir jou beter kan laat werk.

LEEU (24 Jul.- 23 Aug.)

Vandag word geestesenergie in jou hoek vir liefde en romanse uitgestraal. Dit is ’n gelukkige staat – ons almal voel goed wanneer ons aan romanse dink. Al wat jy nou moet uitwerk, is hoe om jou liefdesverhouding selfs romantieser te maak.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar is dinge wat beëindig moet word sodat jy dit met moderner, beter dinge kan vervang. Maar dis moeilik om te weet wat moet eindig en of dit regtig is wat jy wil hê.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Vandag sal jy ’n bietjie rondhardloop en daar is baie kontak met familie en bure. Die rede vir die kontak is grotendeels omdat jy probeer uitpluis wie doen wat en wanneer vir ’n naderende sosiale byeenkoms.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dis tyd om goed oor jou geldsake te besin. Jy is nie op die rand van armoede nie, maar jou geldsake is nie so goed soos jy dit wil hê nie. Jy weet saam met Kersfees kom nog uitgawes.