Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n wonderlike jaar en jy doen ontdekkings oor jouself en die lewe in die algemeen. Jou selfvertroue kry ’n hupstoot en jy is dus bereid om op te staan en te sê wat jy dink, ongeag die gevolge.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is nogal slim en altyd aan die dink. Hulle is geneig om effens impulsief en krities te wees, maar is ook baie oplettend en talentvol. Hulle is hervormers, maar sal effens taktloos wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag is alles deurmekaar, maar omdat dit die middel van die week is, voel ek jy kan verskoon word. Tog sal dit jou nie help om dinge gedoen te kry nie. Jy sal jou vinnig moet regruk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jou gedagtes gaan terug na tye wat verby is toe jy in beheer was of jy nie omgegee het dat jy nie in beheer is nie omdat jy gedink het jy het die wêreld aan jou voete. Iets van daardie rebel kom weer na vore.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het goeie sterre vir ’n paar aspekte. Daar is eerstens goeie sterre om tyd saam met vriende deur te bring. Jy het ook goeie sterre dat wense kan waar word. Dis nie groot wense nie, maar klein dingetjies wat die lewe makliker maak.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou ego en algemene aansien kry ’n hupstoot. Ek sê nie mense van oraloor sal heildronke op jou instel nie, maar party mense om jou sal beïndruk wees deur van die take wat jy afgehandel het.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag se sterre bring nuus van ver af mee. Gewoonlik is dit nuus van mense in die buiteland of ten minste ver van hier. Dit lyk of die nuus oor ’n familielid of nabye vriend is.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou sterre bring nuwighede mee. Eerstens laat dit jou die omgewing geniet. Dis nie juis in die Maagd se aard om die omgewing te bewonder nie, maar wat jy sien, sal jou bly maak. Moenie toelaat dat die sterre jou onoplettend maak nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings word deur vandag se sterre geaktiveer. Dit bring omstandighede mee wat jy sal geniet, maar bowenal bring dit samesyn waarna jy die afgelope tyd verlang het.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy hoor van skielike verandering by jou werk. Maak seker dis nie net skinderpraatjies nie, want die sterre wat jy nou het, kan maklik verleentheid veroorsaak. Maak seker van jou feite voor jy praat.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is uitstekende sterre vir die liefde en romanse. Iemand sal vir jou sê jy is spesiaal. Luister mooi, want dis moontlik dat hulle jou baie subtiel sal laat weet hulle gee om.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy kry nuus dat iets eindig of dalk hoor jy iemand, moontlik die baas, wil sekere aktiwiteite beperk net wanneer jy dit begin geniet. Dis die lewe, Kreef.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit lyk na ’n baie bedrywige dag. Jy gaan van plek tot plek, dikwels namens ander mense. Die goeie nuus is, jy kry alles betyds gedaan.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is geldsake op die voorgrond. Maak seker jy het kontant by jou vir dit wat jy wil koop, want die OTM’e kan jou in die steek laat.