Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

SATERDAG

JOU DAG

Die sterre is gunstig vir praktiese take soos kosmaak, tuinmaak en doen-dit-self-projekte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is veelsydig, gedrewe en talentvol. Die volgende 12 maande sal die ligging van die planete jou aanmoedig om meer tyd te bestee om vreemde kulture te verken en internasionaal kontakte op te bou.

SONDAG

JOU DAG

Mars beweeg in die teken van die Leeu en dus is die omstandighede gunstig om jouself op kreatiewe maniere uit te druk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om die leiding te neem. Streef in die komende jaar daarna om minder outoritêr te wees en geliefdes ruimte te gee om hul drome na te volg en hul eie foute te begaan.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Wanneer die maan en Mars byeenkom, word die Ram vurig en aggressief. As jy jou energie in kreatiewe dinge kanaliseer, is die waarskynlikheid dat jy die naweek met ander haaks kan wees kleiner.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Geniet die lewe se klein luukshede soos goeie wyn en kos en gesellige geselskap. As jy te gemaksugtig is, sal ’n geliefde nie gelukkkig wees nie. Streef daarna om’n gesinsprobleem meer proaktief te benader.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Is jy ongeduldig met iemand se gebrek aan inisiatief en entoesiasme? Die naweek is nie die tyd om aanstoot te gee nie. Omring jouself met mense wat op positiewe oplossings fokus.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met Mercurius wat in jou kommunikasiesone inbeweeg is dit tyd vir kuier, gesels, rondgaan en adverteer. Dis ook ’n goeie idee om jou profiel op sosiale media op datum te bring.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Magtige Mars beweeg in jou teken tot 25 September. Dus is jy vol selfvertroue en baie optimisties. Vermy dit om onbevestigde inligting te versprei of tot vinnige gevolgtrekkings te kom.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Mercurius beweeg in jou teken tot 27 Augustus. Duidelike, versigtige en logiese kommunikasie sal jou verhoudings met ander verbeter en jou boodskap hard en duidelik oordra.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Smag jou maat na meer ruimte in die verhouding? As jy enkellopend is, sal dit nie help om te sit en wag dat Cupido se pyltjie tref nie. Jy moet proaktief wees, veral aanlyn.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is gretig om die hedonis in jou na vore te laat kom – jy koop omtrent, eet by ’n fantastiese restaurant of geniet ’n heerlike massering. Probeer om dit te doen sonder om jou begroting vir die naweek te blaas.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die sterre plaas die fokus op jou verbeelding en jou rustelose kant. ’n Kreatiewe projek kalmeer jou. Fisieke oefening, aktiwiteite in die buitelug en tyd in die natuur sal ook ’n kalmerende uitwerking op jou hê.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Baie Steenbokke sal dit regkry om die naweek werk en ontspanning op heerlike maniere te kombineer. Vermy geprekke oor die verkoop van ’n eiendom of ’n transaksie tot die dokumente onderteken en bindend is.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie aanneem jy weet waarom ’n geliefde op ’n sekere manier dink of optree nie – jy is dalk heeltemal verkeerd. Vra ’n verduideliking voor jy optree op ’n manier wat hulle dalk nie sal waardeer nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jou kontantvloei is steeds onvoorspelbaar – vermy dit om by dramas oor geld betrokke te raak. En moenie geld uitleen nie, want dis te betwyfel of jy dit sal terugkry.