JOU DAG

Jy het vandag wonderlike sterre vir kreatiwiteit en emosionele verbintenisse.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is dit tyd om jou geldsituasie te konsolideer. Streef daarna om meer sensitief jeens geliefdes se behoeftes te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy moet ’n meer subtiele benadering volg tot ’n delikate gesinskwessie. Staan terug en laat ander hul eie pad vind en hul eie foute begaan.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dankie tog dat jou heersende planeet, Venus, nou vorentoe beweeg. Dus is die situasie gunstig vir familie- en geldsake. Jy voel ook baie vrygewig en is gereed om diegene te help wat hulp nodig het.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Venus beweeg nou vorentoe in jou kommunikasiesone en dus skep vandag se sterre goeie omstandighede vir lees, skryf, praat in die openbaar, netwerk, kort reise, vriendskappe en om pret te hê.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is gewoonlik baie privaat, maar vandag sal jy voel jy wil aan ander vertel hoe jy oor ’n klompie kwessies voel. Die omstandighede is ook goed vir geldsake terwyl Venus deur jou geldsone beweeg.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis ’n goeie tyd vir gesellige Leeus om persoonlike projekte aan te pak met Venus wat uiteindelik in jou teken vorentoe beweeg. Jy sal ook daarby baat vind om te netwerk. Jy kry opwindende nuwe konneksies.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die lewe is tans nogal ’n balanseertoertjie. Probeer om die regte balans te vind tussen om agter die skerms aan iets privaats te werk en om ’n projek baie openbaar te dryf.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Liefde is in die lug noudat Venus weer vorentoe beweeg! Jou kommunikasievaardighede is ook tiptop en jy oortuig iemand van jou siening met ’n goeie argument en ’n breë glimlag.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is vandag baie produktief en kreatief en met jou hope energie kan jy op projekte bly fokus. Nuuskierigheid en aksie is ’n dinamiese kombinasie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vriende en familie sal vandag baat vind by jou optimisme en vrygewigheid. Jy het die mag om ’n positiewe invloed op ’n groepsituasie te hê.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Het jy die afgelope tyd baie rondgehardloop? Staan tyd af om te sit en ’n lang gesprek met ’n geliefde te hê. Daar is belangrike dinge wat gesê moet word.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Venus beweeg nou vorentoe en dus behoort verhoudingsprobleme te verbeter. Dis tyd om in te gryp en beheer te neem, sake behoorlik te bespreek en maniere te vind om meer raadgewend en deernisvol te wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Mars en Venus help jou om met ekstra energie en genot vinnig deur jou daaglikse roetine te kom. Dan sal jy meer tyd hê vir rus en vermaak. Jy beleef goeie tye saam met geliefdes.