Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:Daar is belangrike sterre vir jou vanjaar. Jy maak belangrike besluite en stel dit in werking. Dit is ’n tyd waarin jy die behoefte voel om jou huidige roetine te laat vaar en iets anders te beproef.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is baie aantreklik met ’n mooi geaardheid. Hulle sal in die kunste belangstel en sal in een of meer van hul vaardig wees. Hulle is talentvol en gelukkig en sal dus naam maak. Hulle sal baie reis.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vrydae is gewoonlik besig, maar vandag sal chaoties wees. Dit is omdat die volmaan in jou teken is en sake verwant aan vennootskappe aktiveer. Hoe ingewikkeld kan die lewe nou word?

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag val die klem op sake wat met werk en gesondheid verband hou. Daar sal terselfdertyd ook iets uit die verlede opduik. Wanneer mense in jou verlede grawe, sal hulle natuurlik op van jou foute afkom.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die volmaan val vandag in jou hoek vir romanse. Dit is ’n wonderlike plek vir die volmaan, maar vandag is die laaste dag van die werkweek, dus is daar maar min tyd om dit te geniet. Vanaand lyk belowend.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag moet jy familiesake oorweeg en kyk waar jy inpas. Daar is ook gedagtes aan eiendomsake. Beteken dit jy kyk oor die naweek na huise?

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het nuwe uitdagings nodig en vandag soek jy dit uit deur in vreemde plekke te kyk. Wel, ek dink legkaarte is vreemde plekke. Ek dink nie jy sal veel vind nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar sal kommer oor geldsake wees. Dit is moeilik om te sê wat dit is, want vandag is die laaste dag van die werkweek en baie kry vandag hul salaris. Ek skat dis waaroor die kommer gaan.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy sal geneig wees om vandag ietwat rusteloos te wees, maar met jou huidige sterre is dit normaal. Jy sal dink aan veranderinge aan jou roetine en hoe jy jou intieme verhouding sterker kan maak. Wees bedagsaam.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Die volmaan is in jou hoek vir vertragings en selfondergang; verwag dat omstandighede buite jou beheer jou sal vertraag en jy terselfdertyd in ’n ongemaklike situasie met werk of werkroetines sal wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar sal ’n hemelse klem op jou hoop en wense wees. Baie dikwels beteken dit jy kry iets wat jy wil hê. Gewoonlik hou dit verband met jou privaat drome en aspirasies. Dit is ’n gelukkige tydperk.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dikwels veroorsaak vandag se sterre dat iemand jou op die skouer klop en vir ’n verandering wil iemand jou nie in die rug steek nie. Dit beteken jy kan ontspan en jou dag geniet.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag fokus jy op die een of ander soort kommunikasie. Vir sommige is dit ’n brief, terwyl ander ’n nuwe foon oorweeg. Dit is iets om oor die naweek aan te dink. Jy kry nuus van ’n familielid.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dit is die einde van die werkweek en die einde van ’n projek waaraan jy gewerk het. Hierdie einde is effe bittersoet vir jou. Jy wil hê dit moet eindig, maar jy weet jy sal dit mis.