Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal ’n paar verrassings inhou. Jy maak ontdekkings oor die lewe en jouself. By meer as een geleentheid sal jy woorde uiter soos: “Hoekom het ek nie hiervan geweet nie?” Jy begin in iets nuuts belangstel.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is baie slim. Hulle stel belang in sake wat met fisika of elektrisiteit te doen het of selfs onverklaarbare nagtelike verskynsels. Hulle lei ’n vreemde lewe wat ryk is aan ervarings en vreugdevolle ontmoetings. Hulle is baie aantreklik.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Sake verloop glad. Wel, so glad as wat jy kan verwag op ’n Donderdag wanneer iets uit die verlede skielik opduik. Daar is nie veel wat jy hieraan kan doen nie, behalwe om vriendelik te wees en dit te aanvaar.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Iets wat jy wil hê, is skielik binne jou bereik. Dis iets kleins en byna betekenisloos, maar dis lekker dat sake uitwerk, selfs al is dit net af en toe, en onverwags.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Kan dit ’n bevordering wees? As dit is, lyk dit gering. Moet dus nie te opgewonde raak nie. Die sterre wat jy nou het, plaas jou meestal in beheer van werk waarmee jy vertroud is.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy kry nuus van iemand ver weg. Dis nie so belangrik nie, maar dit sal nogal ’n verrassing wees, want dis nuus oor onverwagte gesellighede. Dis een van daardie gesellighede wat jy min of meer verwag het. Dit is dus nie ’n baie groot verrassing nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou sterre sal ’n rekening meebring wat jy nie verwag het nie. Dit is een van daardie jaarlikse rekeninge en dit kom altyd as ’n verrassing – dalk omdat dit soveel groter as verlede jaar s’n is of omdat jy verkies om daarvan te vergeet.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het goeie sterre vir reëlings wat met kollegas te doen het. Hierdie sterre sal jou nader bring aan iemand terwyl julle saam sukkel met ’n probleem wat nie een van julle op jul eie kan oplos nie. Dit sal ’n heel nuwe respek vir mekaar meebring.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag doen jy dinge wat jy nie gewoonlik doen nie. As dit onbekende werk is, soos ek vermoed dit vir baie Skerpioene sal wees, kan jy troos vind in die gedagte dat elke nuwe gebied wat jy aandurf jou vaardighede laat uitbrei.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iemand maak jou ’n aanbod wat vreemd lyk, maar as jy daaroor dink, was dit ’n goeie een om te aanvaar. Natuurlik is dit te laat teen die tyd dat jy dit besef. Die lewe kan vol verspeelde kanse wees.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets eindig net betyds. Oor nog net een dag is dit die einde van die werkweek en sal jy sake nie kan hanteer soos jy dit vandag kan doen nie. Interessante veranderings is aan die kom.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy moet meer as gewoonlik rondhardloop. Dit lyk asof jy meestal take vir ’n verskeidenheid mense en natuurlik een of twee vir jouself uitvoer. Daar sal nuus van of oor ’n familielid wees.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het goeie sterre vir geldsake. Dikwels bring die sterre wat jy het, mee dat jou rekening baie gesonder as in die afgelope tyd lyk. Is dit moontlik dat jy nou ’n vloot Rolls Royces sal kan bekostig? Dit sal nou lekker wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy is nie dikwels rebels nie, maar iemand vertel vir jou iets of dalk sien jy iets op TV wat die rebel in jou wakker maak. Jy sal nie luidrugtig tekere gaan nie, maar jy maak dit duidelik hoe jy voel.