JOU DAG

Jou verhoudings sal vandag gespanne en gekompliseerd wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie jouself van ander afsonder nie. Desember is die beste maand om op ’n webtuiste ’n spesiale persoon te soek, verlief te raak, verloof te raak en te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag se sterre plaas die fokus op jou ambisieuse kant maak jou ook meer selfsugtig en baasspelerig. Staan die tyd af om regtig te luister na wat ander sê – tuis en by die werk.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Die stormagtige sterre plaas die fokus op jou geneigdheid tot jaloerse, besitlike gedrag. Verslap jou onversetlikheid teenoor geliefdes anders sal jy hulle van jou af wegdryf.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Sake is aan die verander – veral by die werk – omdat die sterre jou loopbaansone aktiveer. Kalmeer. Die dag sal beter ontvou as jy proaktief en minder reaktief is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die sterre kompliseer vandag jou verhoudings met ander. Moenie geminag voel as geliefdes te vurig en veeleisend of lasting is nie. Weerstaan die begeerte om by ’n sinlose magsvertonery betrokke te raak.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die Leeus is lus vir opwindende ervarings. Jou sterre is goed vir studie, reis, gesprekvoering en positiewe denke. Moenie toelaat dat veeleisende optrede ’n potensieel produktiewe dag versteur nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Verhoudings met ’n kind of vriend is onder druk. Hoe meer jy dit probeer reël, hoe slegter word dit. Fokus liewer op die talle geleenthede om jou by die werk.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dis steeds ’n uitdaging om die verhouding tussen jou openbare en privaat lewe en tussen die huis en werk reg te kry. Maar as daar enigeen is wat hierdie verpligtinge kan balanseer, is dit die gebalanseerde Weegskaal.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die sterre gee jou meer aantrekkingskrag en maak jou meer magsbehep. Hoe meer jy ander probeer manipuleer hoe moeiliker sal jou dag wees. As jy slim is, sal jy die maklikste weg volg.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Daar is dalk spanning weens geld omdat die sterre jou geldsones raak. Wees vandag ekstra versigtig met kontant en krediet en dink twee keer voor jy geld uitleen.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Konflik met ’n magsfiguur is moontlik, veral as jy moeilik en veeleisend is. Wat ’n intieme verhouding betref: as jy mense te hard druk, sal jy hulle van jou af wegdryf.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy kan vandag probleme ondervind om met ander te kommunikeer omdat die Waterdraer se afsydigheid na vore kom. Jy probeer kwessies vermy deur jou kop in die sand te druk, maar is dit wys?

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Verwag dat vriendskappe en groepsaktiwiteite gekompliseerd sal wees omdat almal verskrilik passievol oor hul sienings is. As jy geldelike probleme ondervind, kan ’n familielid aanbied om te help.