Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jou belangstelling in buiteaktiwiteite neem vanjaar toe. Jy stel nuwe doelwitte vir aktiwiteite wat tot nou toe nie juis belangrik was nie. Daar is goeie sterre vir liefde en romanse. Liefde kan jou pad kruis.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal aktief, ferm en ondernemend wees. Hulle sal geleenthede raaksien waar ander net mislukking en verlies sien. Hulle kry sukses en winste op ongewone gebiede. Hulle stel belang in nuwe metodes en uitvindings.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy sal rondkyk en van die dinge sien waarvan jy hou, maar daar is hindernisse. Wat jy wil hê, is onduidelik. Die hindernisse is verbintenisse wat jy lank gelede aangegaan het.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis ’n goeie dag om saam met mense te werk pleks van alleen. Kry dus ’n medewerker of raak lid van ’n groep. Daar is goeie sterre vir samesyn met vrolike mense. Dit sal vergoed vir al die werk.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

As jy olik voel, kan die weer iets daarmee te doen hê. Omdat die Vis ’n waterteken is, verkies jy ’n gematigde klimaat, want hitte laat water in stoom verander en koue laat dit ys. Gematigde weer is die oplossing.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het goeie sterre vir die liefde en romanse. Daar is ook goeie sterre vir dinge wat met kinders te doen het. Dalk kry jy kans om die kinders te bederf en hul vreugde laat jou bly voel. Jy vind dalk waardevolle items.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy begin dink aan die einde van fase een van jou stokperdjie of belangstelling en wil na die volgende beweeg. Dit sal jou vir ’n rukkie laat goed voel, maar dan besef jy jy moet weer dink oor baie dinge wat roetine geword het.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het goeie sterre vir kommunikasie. As jy oor die foon moet reëlings tref, is dit nou ’n goeie tyd daarvoor. Ek sê nie dat hulle jou nie sal laat wag terwyl hulle aaklige musiek speel nie, maar jou geduld sal beloon word.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis tyd om aandag aan jou geldsake te gee. Jy weet daar is groot rekeninge op pad en dis nodig om te weet daar is geld in die bank om dit te betaal. Dit is veral van toepassing as jou bank op vasgestelde tye geld oorbetaal om jou huishoudelike rekeninge te vereffen.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is daar vir jou ’n geleentheid om iets nuuts te begin. Of dit kan wees dat jy oorbegin met iets wat jy ophou doen het. As jy weer daarmee begin, maak seker dit bly nie weer agterweë nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Die klem val op die verlede. Gewoonlik het jy die sterre wat jy nou het wanneer jy gekonfronteer word met ’n probleem wat jy ’n ruk gelede ervaar het. Nou moet jy onthou wat jy laas keer gedoen het om dit op te los.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy het goeie sterre vir samesyn met vriende. Hierdie spesifieke sterre is goed vir tyd saam met een spesifieke vriend. Daar kan ’n soort gesamentlike reëling wees wat jou besig hou en belonings inhou.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou ego en aansien verbeter effens. Die base sal jou nie prys nie, maar daar sal wel waardering wees van sommige mense na aan jou.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy is vandag ’n bietjie vervelig. Jy wil nie die dinge doen wat die mense om jou doen nie en kan as ’n stok in die wiel beskou word. Dis nie in jou aard nie.