JOU DAG

Jou sterre sorg vir gunstige omstandighede vir praktiese en proaktiewe werk, besigheid en geldsake.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is slim, snaaks en vriendelik. Jy benader die lewe met groot geesdrif. Maar jy moet leer om jou pas te verstadig anders kan uitbranding ’n risiko wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy hardloop rond en is tegelyk met ’n verskeidenheid take besig – maar kry jy regtig iets gedoen? Sake wat met geld en gedeelde hulpbronne te make het is in ’n staat van voortdurende verandering.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Verandering aan die tuisfront is aan die broei. Dit kan tot meer persoonlike vryheid lei. Jy voel ongewoon rusteloos. Maak seker jy handel onvoltooide take af voor jy met iets nuuts begin.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

’n Oppervlakkige geklets sal nie vandag waardeer word nie. Moenie dinge haastig beskou nie. Dis tyd om heelwat dieper te delf. Verhoudings verbeter namate die dag vorder.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die sterre plaas die fokus op geldsake. Dit is dus ’n goeie tyd om die begroting vir jou huishouding te herbalanseer. As jy nie ’n begroting het nie is dit nou die tyd om een te kry terwyl jy daaraan werk om geldslim te raak.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Vat dinge vandag kalmer. As jy navorsing of boekhouding moet doen of rekeninge moet betaal, maak seker jy bestee genoeg tyd daaraan. Moenie jaag nie. Kommunikeer duidelik en presies oor ’n gesinsaak.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Kan jy ekstra dipolomaties en diskreet wees? Iemand het iets streng vertroulik vir jou vertel. Maak dus seker jy hou dit vir jouself. Volg jou intuïsie as jy twyfel.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die Weegskaal is versot op mode en skoonheid, maar kyk vandag wat jou binneste laat tiek – beskou jou eiewaarde en kernwaardes. Jy het waardering vir jou innerlike mooiheid.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is lus vir kommunikeer. Kontakte soos kollegas, kliënte en klante is voordelig, maar maak seker jy gaan al die relevante dinge na voor jy jou aan iets nuuts verbind.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

As die avontuurlustige Boogskutter heeldag binnenshuis bly, sal jy mal word! Die planete aktiveer jou rustelose aard. Dit is tyd om in die buitelug te reis, iets te leer of ’n sport te beoefen.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Beskou jou doelwitte en aspirasies prakties. Doen jy wat jy graag wil? Is jy in die regte rigting op pad? Moenie net voortgaan ongeag of dinge reg is nie. Dis tyd om aan jou planne te verander.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Daar kan konflik tussen werks- en verhoudingsverantwoordelikhede wees. As jy georganiseerd en gedissiplineerd is – wat nie jou sterkpunte is nie – sal jy albei verpligtinge goed kan balanseer.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Met vier planete in jou sone vir jou welstand is die fokus op die verbetering van jou gesondheid en fiksheid. Dit sal net werk as jy ’n eetplan en oefenroetine kies wat lekker en aanpasbaar is.