Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar gaan klein teleurstellings meebring; mense wat jy vertrou, laat jou op ’n baie openbare manier in die steek. Jy gaan geneig wees om jou te bekommer en verknies oor dit wat nooit gaan gebeur nie, wat daartoe kan lei dat mense met jou spot.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Dié babas gaan lief wees vir reis en verandering. Die bonatuurlike gaan vir hulle boeiend wees. Hulle stel ook belang in watersport en kan baie goed vaar, selfs tot op Olimpiese vlak. ’n Wenner.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy besluit om iets te beëindig en jy dink jy het dit afgehandel, maar die misleidende Neptunus is hier aan die werk en kan jou flous. Maak vandag dubbel seker van alles.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dit is ’n besige dag en jy hardloop baie rond, maar die meeste van die aktiwiteit is ter wille van iemand anders, dalk ’n vennoot of maat. Jy moet maar seker maak jy soek na die regte goed; maak ’n lys van die items.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Op die een of ander manietr is daar probleme met werk en salaris. Dalk dink jy jy doen die werk van iemand op ’n hoër vlak as jy en moet die salaris daarvoor kry. Die baas beskou dit nie so nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre vir liefde en romanse, maar jy moet eers daardie sensitiwiteit van jou gebruik om ’n romantiese atmosfeer te skep. Gelukkig is dit makliker vir jou as vir ander tekens; gaan dus voort en beïndruk iemand.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy gaan sien jy werk daaraan om jou omgewing te verander, maar om die een of ander rede doen jy dit op die agtergrond. Jy gaan nie stilletjies daaraan werk nie, maar jy gaan ook nie jou dade adverteer nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar gaan reisprobleme wees en jy gaan agterkom dat jy op vriende of medewerkers steun. Dalk is daar ’n paar meganiese probleme wat dreig en jy moet weet iemand sal help as dit nodig is.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Soms lei die sterre wat jy vandag het tot ’n geskil oor koste of ’n bohaai oor geld. Dit is waar jy baie seker moet wees oor jou feite; jy wil jou nie verneder deur in die openbaar verkeerd bewys te word nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag bring verleentheid en verwarring oor reis. Dalk gaan iemand weg en is jy nie werklik seker oor waarheen hulle gaan of wanneer hulle terugkom nie. Hoekom skryf jy nie sulke gebeure op jou kalender nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is verskuilde uitgawes op pad. Ongelukkig is hierdie uitgawes werklik versteek; jy gaan nie daarvan weet voor dit gebeur nie. Die slegte nuus? Die uitgawes kan vandag kop uitsteek. Dit gaan jou dag maak.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag hou goeie sterre in vir die huwelik en intieme verhoudings. Die voordeel van hierdie sterre is dat ’n werkdroom terselfdertyd bewaarheid gaan word. Vandag is ’n goeie dag vir uiteet; reël ’n romantiese ete vir twee.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Jy gaan besig wees met werk; dus kan jy die geleentheid misloop om na ’n werk te skuif waarvan jy regtig hou. Soms is dit ’n geval van eerste gesien, eerste bedien, en vandag bring net ’n klein geleentheidsvenster.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dit is baie goeie sterre vir als wat met jonger mense verband hou, veral met babas. Jy gaan dus moontlik nuus van ’n swangerskap of selfs ’n geboorte in die familie kry. Is dit rede om te vier?