Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar hou verrassings en nuwe omstandighede in. Daar sal veranderings wees wat jou groot vreugde verskaf en in ’n sekere opsig verhef. Jy het selfs goeie sterre om op verskillende maniere te wen. Koop dus gereeld loterykaartjies. Jou liefdeslewe is opwindend.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hulle is talentvol en het goeie waarnemingsvermoë en intuïsie. Hulle sal goed vaar danksy hul oorspronklikheid en ondernemingsgees. Hulle sal waarskynlik in ’n soort mensgerigte onderneming werk. Hulle moet baie versigtig wees wanneer hulle ’n maat kies.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag moet jy streef na akkuraatheid en versigtigheid. Jou huidige sterre is geneig om jou effens agtelosig te maak. Dis nie hoe jy gewoonlik werk nie. Dis moeilik om ’n reputasie op te bou; moenie dit nou bederf nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het die afgelope tyd goed gewerk en min het skeefgeloop, maar vandag is die son en Uranus in jou hoek vir selfvernietiging. Dis byna seker dat jy, om dit sagkens te stel, goed sal doen en sê wat glad nie wys is nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Wie nie waag nie, wen nie, en vandag sal jy dapper wees. Die vraag is: Kry jy iets daaruit? Dit hang af van hoe jy dié dapperheid gebruik en teenoor wie jy dit openbaar. Ek dink jy is slim genoeg om goeie dinge te laat gebeur.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Mense krap jou om, maar dis nie ongewoon vir die sensitiewe Kreef nie. Soos ek die probleem sien, word jy vies, maar die mense wat dit veroorsaak, loop weg en gee nie ’n duit om nie. Die vraag is: Laat jy toe dat dié mense die oorhand kry?

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Met die sterre wat jy het, behoort vermaak en pret hoofsaak te wees. Ongelukkig weerhou werk jou daarvan. Daar is wel tyd ná werk om prettige dinge saam met vrolike mense te doen.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die slegte nuus is jy kry onverwags ’n rekening. Dit lyk of dit met reis te doen het, veral oor ’n kort afstand. Kan dit met belasting op ’n voertuig te doen hê? Dit maak seer, maar moet betaal word.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Iemand sal knorrig en skoorsoekerig wees. Om toe te laat dit dat jou onderkry is nie die wyse reaksie wat ek van ’n Weegskaal verwag nie. Dis slimmer en meer in die Weegskaal se aard om hulle te laat stoom afblaas en dan net te ignoreer.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is werkveranderinge om jou. Jy sal van hierdie verandering hou, maar van hulle sal te buitensporig wees. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie. Al wat jy kan doen, is om daarmee saam te leef tot alles na normaal terugkeer.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar sal skielik ’n geleentheid vir ’n middagkuiertjie wees of ten minste sal iemand liefde of toegeneentheid betoon. Moenie hierdie geleentheid by jou laat verbygaan soos jy onlangs so dikwels laat gebeur het nie. Jy kan dalk iets kleins wen.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy wil ’n projek afsluit. Dis waarskynlik ’n projek wat met jou huis of eiendom te doen het. Dit kan ’n duur fout wees. Maak dus seker van die feite en syfers voor jy enigiets doen. Moenie net op goeie geluk staatmaak nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy kry oorspronklike idees, maar dis eintlik heel normaal vir die Waterdraer. Wat vandag anders maak, is mense sal luister en reageer op dit waarmee jy vorendag kom. Maak seker jy kry al die erkenning daarvoor.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het heel goeie sterre vir geldsake. Dis nie voldoende genoeg om jou ryk te maak nie, maar daar kom geld jou kant toe. Presies hoe dit gebeur, is onduidelik, maar jy sal dit sekerlik nie weier wanneer dit kom nie.