Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die komende jaar lyk jou sterre goed vir ’n lewensverandering. Jy kyk na die afgelope paar jaar en sien jy het met sekere projekte baie tyd verspil. Dit gaan in die komende jaar verander.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas gaan eendag kuis en beskeie wees. Hulle gaan belangstel in die kunste en kan baie goed vaar in praktiese kunsvorme. Hulle gaan baie handig wees en kan dinge met gesonde verstand laat werk.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou sterre vandag lyk middelmatig. Gewoonlik voorspel hierdie sterre ’n verkoue. Asof dit nie genoeg is nie, gaan daar van jou verwag word om aan te werk, al gaan jy so kieme versprei.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag se sterre plaas die klem op jou hoek van liefde en romanse. Dit gaan jou deur die dag nie veel help nie, maar vanaand lyk taamlik goed. Soms is dit lonend om die sensitiewe Weegskaal te wees. Geniet dit!

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag eindig iets en iets begin. Dit gaan jou verbly, want al hou jy nie baie van verandering nie, is daar tye dat jy voel ’n verandering is nodig, en soms selfs noodsaaklik.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy gaan baie rondhol. Die kans bestaan dat hierdie aktiwiteit meestal vir iemand anders gaan wees. Ek skat jy moet die een of ander geleentheid ’n sukses maak en daar word sekere eise aan jou gestel om dit te laat slaag.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Let op jou geldsake. Jy is die versigtige, praktiese Steenbok en het aan alles gedink, of het jy? Gemeet aan jou sterre, het jy of iemand anders een of twee noodsaaklike items vergeet.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag bring ’n nuwe begin en ’n einde aan ’n ou roetine. Dis iets waarna jy uitgesien het en alles gaan meestal wees soos jy wou hê en verwag het. Moet net nie te veeleisend wees nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

In ’n sekere opsig duik sake uit die verlede op en dit is nie te aangenaam nie. Gelukkig is dit niks ernstigs nie; dus gaan dit wat om jou gebeur, jou nie te veel pla nie. Die middag en aand lyk goed.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou sterre lyk goed vir tyd saam met vriende en kollegas. Jou sterre dui die een of ander begin aan. Dalk sien julle mekaar op ’n troue of dalk ’n verlowingspartytjie. Hoe dit ook al sy, dit gaan lekker wees.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir jou ego. Jy gaan iets doen of iemand gaan opmerk dat jy oor die afgelope paar dae iets gedoen het en mense gaan jou daarvoor bewonder. Geniet dit; dit gebeur maar selde.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Jy dink aan lang afstande. Vir party Tweelinge is dit omdat jy na ’n eksotiese plek gaan reis of dalk kom iemand van ’n eksotiese plek na jou toe. Nietemin lyk die vooruitsigte goed.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Sake gaan glad verloop, maar daar kan ’n klein haakplekkie oor geldsake wees. Baie dikwels duik hierdie sterre op wanneer jy reëlings vir iets tref en jy aan die einde besef dit is duurder as wat jy verwag het.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou sterre lyk goed vir sake afhandel. Jy is die bekwame Leeu; dus het jy ’n lys items wat aandag verg. Noudat jy die tyd het, maak jy seker jy handel dit af. Laat die kennerswerk aan die kenners oor.