Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar se sterre dui op die een of ander soort omwenteling. Van jou planne gaan op ’n baie openbare manier deur die mat val en jy gaan besluit om van voor af te begin en in ’n ander rigting te beweeg.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is ’n dromer. Dit is iemand met insig, maar hulle gaan sukkel om ander van hul visie te oortuig. Hulle is te alle tye besig met opbouende sake. Hulle is baie intens en toegewyd aan hul familie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is misleidende sterre vir werk, maar dit is Maandag en in ’n mate verwag jy dat dinge misleidend of ten minste anders sal wees. Soms gebeur hierdie sterre wanneer iemand ondermyn word; wees dus op jou hoede.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Neptunus die towenaar word in jou hoek vir liefde en romanse geaktiveer. Dit moet sublieme oomblikke bring wat jou siel sal bekoor. Wat ’n jammerte hierdie sterre het nie gister gebeur toe jy nie moes werk nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Met Neptunus in jou hoek van die tuiste sal iets dikwels iewers lek. Dit kan ’n kraan of dakteël wees, of iets wat deur ’n kenner versien moet word.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie sterre vir tyd deurbring saam met familielede of bure; dalk om ’n drankie saam met hulle te geniet. Soms dui hierdie sterre ’n spontane partytjie aan, maar as dit gebeur, sal dit vroeg ophou.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Baie dikwels lei vandag se sterre daartoe dat jy iets verloor. Soms is dit geld; soms is dit iets wat jy sal moet vervang, dalk uit jou eie sak. Jou geldsake sal dus geraak word.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag se sterre bring ’n bietjie verwarring, maar dit is Maandag en aan die begin van die week verwag jy verwarring. Vandag se moeilikheid is dat mense teenstrydige stories vertel, en jy sal nie weet wie om te glo nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iemand dink dit is slim om die verlede op te diep en jy kan wed dat die gebeure wat opgediep word, jou in die verleentheid sal stel. Ignoreer hulle.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het goeie sterre vir tyd saam met vriende en kennisse. Daar is selfs goeie sterre vir ’n kuiertjie ná werk of stories oor jou gunstelingdrankie deel. Iemand verdraai die waarheid, maar dis mos niks nuuts nie.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy moet die leiding neem. Wees versigtig, jy kan ’n virtuele mynveld betree sonder dat jy dit weet. Nog iets, jy kry ’n promosie vandag, maar dit is nie die ware jakob nie.

KREEF (22 Jun.- 23 Jul.)

Met Neptunus, die god van die see, in jou hoek aan die werk aan reistoestande, lyk jou sterre goed vir ’n vakansie. Gewoonlik hou hierdie sterre verband met reis naby water. Dit is ’n gelukkige dag.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iets dui op uitgawes, maar met hierdie uitgawes is daar verwarring, of dalk probeer iemand iemand anders te na kom. Maak net seker van die voorwendsels van enigeen wat vandag ’n aanbod doen. Moenie oorhaastig wees nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Neptunus is in jou hoek vir die huwelik en intimiteit; dit het ’n magiese uitwerking op jou liefdes- en huislike lewe. Nou kan jy iemand wys hoe belangrik hulle vir jou is en dan die belonings geniet wat daarop volg.