Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:Jou sterre vir die jaar is misleidend. Hou dit heeljaar in gedagte en wees baie lugtig vir enigeen wat iets bied wat onmoontlik voorkom. Daar is goeie sterre vir liggaamlike aktiwiteit. Jy sal met ’n nuwe oefenprogram begin.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dit sal ’n baie aktiewe mens wees. Hulle sal niks misloop nie, maar sal ietwat van ’n dromer wees met ’n belangstelling in die geskrewe woord. Hulle kan ’n skrywer word. Hulle sal in sport belangstel en in minstens een sportsoort vaardig wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit is ’n dag waarop jy net stilletjies alleen wil werk en jou take afhandel. Ons almal weet hoekom jy verkies om op jou eie te werk; jy wil alleen die roem hê. Vandag sal jy maar moet leer deel.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

As jy vanoggend effe olik gevoel het, was dit moontlik omdat die maan in jou hoek vir gesondheid is; dit kan jou soms minder as perfek laat voel. Moenie bekommerd wees nie; jy sal beter voel.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iemand maak ’n aanloklike aanbod. Dit is ’n goeie hupstoot vir jou ego, maar jy sal versigtig moet nadink voor jy dit aanvaar of van die hand wys. Wees diskreet in alles wat jy doen.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit is laat in die week en tyd om sekere take af te handel. Die goeie sterre hier dui aan jy is op die regte spoor en sake lyk beter as verlede week. Dis tyd om rustig te raak.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Dis ’n besige dag. Donderdae is nie die tyd van die week wanneer jy baie moet rondhol nie, maar met vandag se sterre sal jy van plek tot plek beweeg, en alles voor die naweek probeer afhandel.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy moet kyk na jou geldsake. Jy dink jy het alles onder beheer, maar iemand het iets gedoen om alles te bederf en dan moet jy van voor af begin. Dit is ’n tyd waarin jy versigtig moet dink voor jy enigiets doen.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag begin iets. Dit hou dalk verband met werk, maar soms het ek al gesien dat hierdie sterre ’n liefdeslewe in ’n nuwe rigting stuur. Hoe dit ook al sy, jy kan seker wees dit hou goeie gevolge vir jou in.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

In ’n sekere opsig duik ou toestande weer op. Gelukkig is dit iets kleins en jy behoort jou nie so te bekommer nie, maar jy sal besef daar is mense wat dit agterkom en wat ’n lang geheue het.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Iets wat jy wou hê, gebeur. Dit is nie iets groots nie, maar dit is lekker wanneer dit gebeur, al is dit iets kleins. Daar is ook goeie sterre vir tyd saam met vriende en kennisse deurbring. Dis partytjietyd!

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iets lekkers gebeur en streel jou ego. Dit is dalk net iets wat jy lank gelede gedoen het wat nou eers raakgesien en waardeer word. Party mense werk darem stadig, nè?

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy dink aan vergeleë plekke. Baie Maagde droom van ’n reis waartydens hulle die lewe aan die ander kant van die wêreld kan geniet. As dit jou droom is, moet jy vasbyt: Vandeesweek sal daar ’n kans wees om te beplan.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag se sterre bring dikwels uitgawes wat jy nie verwag het nie. Gewoonlik beteken dit ’n rekening af en toe, maar jy vergeet gewoonlik dat dit ’n gat in jou sak laat. Dis iets soos versekering.