Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit is ’n belangrike jaar. Dis ’n tyd wanneer jy jou gesonde verstand moet gebruik in alles wat jy doen – van iets kleins soos ’n dieet tot hoe jy wil hê jou loopbaan moet verloop. Wat jy vanjaar doen, sal jou nog baie jare raak.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is stil presteerders. Hulle is tevrede om onder te begin en vir hulself ’n pad boontoe te maak. Ongelukkig sal hulle nie die eer kry wat hulle toekom nie, maar hulle sal dit regkry om eindelik hul prestasies bekend te maak.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is ernstige dinge wat jy wil sê en doen, maar ander sake kom in die pad daarvan. Jou grootste probleem is oponthoude wat dreig om alles te laat misluk. Wys jy kan die hindernisse oorkom.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre vir nuwe verantwoordelikhede, veral as die verantwoordelikhede wat jy aanvaar saamgaan met die hulp van iemand naby. Dit help nie jy probeer dit alleen doen nie, want jy het leiding nodig.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is vandag goeie omstandighede vir werksake. Dikwels bring die sterre wat jy tans het nuwe werkprojekte en verantwoordelikhede mee. Gelukkig is Krewe gewoond daaraan om ander mense se verantwoordelikhede op hulle te neem.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het goeie sterre vir romanse, maar saam met hierdie sterre gaan ’n element van beperking. Dis nie maklik vir die Leeu nie. Jy is gewoond daaraan om jou sin te kry. Wees net hierdie een keer tevrede met beperking.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het goeie sterre vir ernstige gesprekke. Dis nie duidelik presies wie by hierdie gesprekke betrokke is nie, maar dikwels is dit ’n kollega of maat. Dis ’n tyd om sag voor te kom, maar vasberade te wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het ’n reeks kort uitstappies gereël of dalk het iemand dit vir jou beplan. Maar hulle het nie gereken op die kil Saturnus in jou hoek vir kort reise nie. Jy kan vertragings verwag.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het sterre wat geldprobleme kan veroorsaak. Jy moet versigtig wees en nie jou behoeftes in die pad van gesonde verstand laat kom nie. Doen nou die regte ding en jy sal later op grootskaal daarby baatvind.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Koue Saturnus is vandag in jou teken geaktiveer. Dit sal vertragings meebring wat jou teen die mure uitdryf en hindernisse wat geen verstandige mens sou kon voorsien nie. Jy moet maar net daarmee saamgaan en wys hoe geduldig jy kan wees.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dis ’n goeie dag om aan jou voorkoms te dink, veral hoe jy aantrek. Omdat jy ’n kardinale teken is wat deur Saturnus oorheers word, sal jy waarskynlik baie konserwatief aantrek. Dis goed, maar modern kan ook goed wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is uitstekende sterre vir samesyn met vriende, veral mense wat ouer en wyser as jy is. Wel, dalk nie wyser nie, maar vir seker meer ervare. Luister na wat hulle sê. Hul idees is van onskatbare waarde.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het goeie sterre vir ’n soort bevordering by die werk of op ’n sekere gebied waarop jy reeds baie goed vaar. Hierdie sterre het ’n mens gewoonlik wanneer jy met ’n stokperdjie of belangstelling vooruitgang maak. Doen dus iets briljant.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterre vir kontak met mense op ver plekke. Daar kan ’n paar vertragings wees, maar jy is gewoond daaraan en sal dus waarskynlik geduldig wees. Die Ram geduldig? Dit moet ’n eerste wees.