Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is daar dalk te veel goeie dinge in die lewe, maar dit sal pret wees. Ongelukkig dink van jou vriende nie so nie en hulle verbreek bande met jou. Daar sal probleme met of as gevolg van ’n vrou wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is opreg, beskeie en simpatiek. Hulle sal ’n goeie maat kies en ’n lang, gelukkige lewe hê. Hulle sal ambisieus en ondernemend wees en dus baie geld maak. Hulle is goeie bestuurders en leiers.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre vir geldsake, maar dit lyk of daar insette van ’n vennoot of maat is. Vir party Tweelinge is die kwessie nie om geld te kry nie, dis eerder dat hulle nie volgens hul beplanning bestee nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir werk en gesondheid, maar omdat dit naweek is, vermoed ek werkverbeteringe sal indirek kom. As jy vanaand saam met ander kuier, sal jy waarskynlik uitstekende raad oor werk kry.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iets van die verlede gebeur weer. Dit lyk nie na ’n groot probleem nie, maar jy doen jou bes om sake uit te sorteer. Jy moet moeilike erkentenisse maak oor iets wat jy verkies om vir altyd te vergeet.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is goeie sterre vir aktiwiteite wat met vriende en die huis te doen het. Soms dui die sterre wat jy het daarop dat jy en vriende saamspan om ’n ander vriend te help wat deur ’n moeilike tyd gaan.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre om die een of ander doelwit te bereik. Omdat dit naweek is, vermoed ek die doelwit het met ’n stokperdjie of belangstelling te doen.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre vir sake wat met godsdiens of godsdiestige seremonies te doen het. As jy na ’n troue of ander seremonie genooi is, kan jy ’n aangename tyd verwag en goeie, ou vriende raakloop.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Soms bring die sterre wat jy het mee dat daar ’n stokkie voor jou planne gesteek word. Dis klaar sleg, maar dit lyk of dit jou geld kos. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie, behalwe om te verwag dat jy moet betaal. Doen dit maar.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie sterre vir vandag. Hierdie sterre sal heelwat liefde en toegeneentheid meebring. Vir party Steenbokke sal dit selfs beteken iemand sal van nou af baie belangrik vir hulle wees. Dís mos nou ’n lekker soort dag.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag is die fokus op gesondheid en werk. Dalk moet jy vandag werk en kry jy ’n industriële-diarree-aanval. Die enigste goeie ding van vandag se gebeure is dit bring op die een of ander manier iets mee wat jy regtig wil hê.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Die liefde regeer. Werk ook, maar dit klink nie so lekker soos “die liefde regeer” nie. Nog iets wat belangrik is, is ’n persoonlike prestasie. Jy kry lof vir iets wat met ’n stokperdjie of belangstelling te doen het.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy eindig eindelik iets wat jou ’n ruk lank gepla het. Dit behels reis en iets wat met ’n maat te doen het. Die maat se familie sal op ’n manier ook by die saak betrokke wees.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir partytjies en kuiers, veral as dit met naby vriende is. Jy moet dalk weer oor van jou planne dink, maar jy het die ondersteuning van mense wat jou belange op die hart dra.