Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Daar is vandag ’n sterk, intense energie aan die werk. Pak dinge stap vir stap aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is dit tyd om meer avontuurlustig en minder obsessief te wees. Dis ook moontlik dat jy ’n nuwe blaadjie omslaan wat geld betref. Wees gedissiplineerd.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Verhoudings tuis en by die werk sal vandag uitdagings bied. Jy kan verwag dat jou geliefde veeleisend en jou kollegas, kliënte of klante meer verdedigend is. Wees versigtig, Ram.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Streef daarna om vandag jou diplomatieke beste te gee. Hoe meer jy vasskop en weier om toe te gee, hoe meer frustrerend sal die dag wees. Hou liewer die kommunikasiekanale oop.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Geldsake lyk vandag ingewikkeld, veral as jy agter is met die betaling van rekeninge. Hoe meer gedissiplineerd en proaktief jy is, hoe meer hanteerbaar sal jou geldsake wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

’n Bestaande probleem in ’n verhouding kan die volgende twee dae vererger. Probeer om dit nie te persoonlik op te neem nie. Hoe meer verdedigend jy is, hoe moeliker sal sake wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy is gretig om ander te oortuig, maar vermy manipulering om jou doelwitte te bereik.

Sake sal meer spanning vir jou veroorsaak as jy te veel aan jou sienings vasklou. Kalmeer, Leeu.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Verhoudings met ’n kind, tiener of vriend verloop dalk vandag nie glad nie. Probeer dus ekstra geduldig wees. Jy het goeie sterre om met ’n wye reeks vriende en kennisse te netwerk.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Verwag drama, want die son en Pluto laat ou griewe met ’n familielid of kollega weer na vore kom. Span jou diplomasie in om praktiese oplossings vir dringende probleme te vind.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Pluto gee jou vandag baie energie en verhoog jou begeerte om in beheer te wees. Hou op om ander te beheer as jy voortdurende magstryde en onaangename dramas wil vermy.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Wees versigtig met ’n geldkwessie of sake-ooreenkoms. Dit is dalk nie so eenvoudig as wat dit lyk nie. En moenie jou kop in die grond druk nie. Berei jou liewer goed voor.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Toegewyde Steenbok, jou perfeksionistiese sy gaan vandag waarskynlik oortyd werk, want die sterre vergroot jou obsesssie met volmaaktheid. Ander mag vind jou standaarde is heeltemal te veeleisend.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vermy dispute met familie en vriende. Vandag sal dit die beste wees om jou neus uit ander se sake te hou en op persoonlike projekte te fokus.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag sal jy voel jy gee een tree vorentoe en twee terug, veral wat familie en vriende betref. Verwag magsvertoon en botsings van persoonlikhede by ’n groepsaktiwiteit.