Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Die grootste krag van jou sterre vanjaar is jy maak foute omdat jy vinnig wegspring met dinge en nie die raad volg van mense wat weet waarvan hulle praat nie. Die foute is baie vernederend.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon het goeie verstandelike vermoëns en ’n sterk geheue. Hulle kan goed redeneer en oordeel en sal dus goed vaar met sakebedrywighede. Hulle is suksesvol in onderwys, medisynerigtings of enigiets wat met mynbedrywighede of produkte uit die grond te doen het.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag is daar ’n aspek tussen jou hoek vir geldsake en jou hoek vir selfondergang. Hierdie aspek kan iets van jare gelede terugbring wat probleme veroorsaak. Dit is nie te ernstig nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal hoor dat iets wat op jou betrekking het, gaan gebeur. Dit is dalk oordrewe om te sê dis ’n wens wat waar word, maar dit is iets wat jy wou hê. Daar is ook goeie sterre om nuus van vriende of kollegas te kry.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Iets wat jy ’n ruk gelede gedoen het, kom op ’n goeie manier terug na jou toe. Dit bring vir sommige Visse ’n bevordering of ten minste ’n bietjie meer aansien. Dit wys mense sien die goeie dinge wat jy doen wel raak en onthou dit.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is sprake van’n reis na veraf plekke, maar daar word dikwels met jou hieroor gepraat. Ek dink nie die aspekte wat jy vandag het, sal kragtig genoeg wees om jou oorsee of na ’n veraf plek te neem nie. Dit kom later.

BUL (21 Apr. -20 Mei)

Dit lyk asof jy van een of twee rekeninge vergeet het. Ongelukkig het die mense wat dit stuur nie daarvan vergeet nie en hulle maak geen toegewings oor die tyd van die jaar of die stand van jou bankrekening nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het goeie sterre vir werk saam met ’n vennoot of iemand. Dis nie dat jy die werk nie op jou eie kan doen nie, maar jy sal soveel beter vaar as jy bystand het. Ondersoek verskillende maniere om dinge te doen.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Soms bring die sterre wat jy het die een of ander soort siektetoestand. Gewoonlik bring hulle vel- of beenprobleme en omdat dit somer is, raai ek die probleem is iets soos sonbrand of ’n insekbyt.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie sterre vir die liefde en romanse. Daar is nie aksie tussen die lakens voor dagbreek nie, maar jy sal ’n spesiale gevoel van nabyheid hê wat jy nie gewoonlik op werkdae het nie. Vanaand heers ’n aangename atmosfeer.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy eindig iets. Hierdie ding het ’n hele ruk aangegaan en jy sê al vir ’n geruime tyd jy wild it verander sodat iets moderner en meer gepas vir jou persoonlike behoeftes in die plek daarvan kan kom.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is frustrasie om jou. Dit behels reis of kommunikasie. Met reis beteken dit waarskynlik jy sit in verkeersknope vas en met kommunikasie is jy waarskynlik besig met ’n telefoonoproep wanneer dit onderbreek word.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

As jy vandag geld nodig het, moet jy liewer vroeg by die OTM uitkom, want Saturnus, die planeet van oponthoude, is in jou hoek vir geld en persoonlike besittings. Dit lyk dus asof jy vandag met ’n paar irriterende vertragings te doen het.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iemand of iets ry jou planne in die wiele en jy verander hulle wetende dit sal alles omvergooi. Moenie jou skouers ophaal en sê “dit sal oukei wees” nie, want dit sal waarskynlik nie.