Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit sal ’n woeste jaar wees met baie dinge wat gebeur – dikwels alles op dieselfde tyd. Jy sal lank en hard werk, maar dit lyk of jy naby aan die einde misluk. Daar is ’n moontlikheid dat jy deur vinnigpratende bedrieërs ingeloop kan word.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon het ’n goedige geaardheid en is vriendelik en vrygewig. Hulle is sorgeloos en goedgelowig, en mense sal hulle dikwels in die steek laat. Hulle is baie geheg aan die huis en verdedig hul familie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jou gedagtes is by liefde en romanse, maar om oor hierdie dinge te dink is nie so goed as om iets daaromtrent te doen nie. Ongelukkig is dit nie iets wat jy op jou eie kan reël nie, jy het iemand se samewerking nodig.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir die huwelik en intimiteit. Hierdie sterre sal jou na aan iemand anders bring. Dit kan selfs veroorsaak dat jy probeer uitwerk hoe jy vir ’n namiddaguistappie kan wegglip. Die Franse sien die namiddag as ’n goeie tyd vir liefde.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar sal werkprobleme wees. Die heel week het jy gedink jy het dinge agtermekaar en Vrydag sal dus maklik en glad verloop. Dink weer. Vandag volg die een krisis op die ander. Gelukkig kan jy dit alles hanteer.

BUL (21 Apr. 21-20 Mei)

Daar is uitstekende sterre om saam met iemand spesiaals te wees en goeie geselskap te geniet. Daar is ook goeie sterre vir ’n kueirtjie in die namiddag. Maar hoofsaaklik val die fokus op kinders. Dalk hoor jy van ’n geboorte.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dis nie sulke goeie oefening om oorhaastig tot gevolgtrekkings te kom as om vir die feite te delf nie. Maar as jy op die feite afkom, moenie daarmee spog nie. Mense hou nie daarvan om te hoor hulle was verkeerd nie en vir seker nie dat jy dit invryf nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy sal met jou Vrydag-roetine begin en skielik besef jou lewe word deur ou gewoontes beperk. Sodra jy dit sien, sal jy veranderinge wil maak, maar dan raak jy angstig oor die komende veranderinge.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Geldsake is altyd belangrik, maar vandag is dit belangriker as gewoonlik. Dis moeilik om te sê presies hoekom, maar hierdie sterre val dikwels daarmee saam dat jy baie dinge moet koop en moet weet waar jy staan.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Stil gesprekke word verkies, maar maak seker hulle is stil en onthou ’n gesprek behels twee of meer mense. Wanneer een persoon die heeltyd praat word dit ’n monoloog genoem en monoloë is beslis uit vandag.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Iemand sal jou vra om hulle ’n guns te doen, maar jy is tans in die middel van ’n deurmekaarspul wat deur oponthoude en onbekende faktore veroorsaak is. Jy besef as jy inwillig om die guns te doen, sal jy iemand in die steek laat. Wat ’n dilemma.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy kry iets wat jy wil hê. Dit is vir jou persoonlik. Dis moontlik dat jy ’n nuwe stokperdjie of belangstelling kry. En dis iets wat jy alleen kan gebruik en hanteer. As dit te moeilik lyk, lees die instruksies.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jou selfvertroue kry ’n klein hupstoot. Dis net iets kleins, maar ’n paar mense sal ’n ophef oor jou maak. Dit sal jou verras, maar wie is jy om hulle nie die plesier te gun om jou te bewonder nie?

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar word gepraat oor godsdiens of godsdienstige seremonies. Dalk gaan jy môre ’n troue bywoon en moet jy die regte uitrusting kry. Of dalk is daar ’n uitnodiging na ’n troue in die pos. Nou moet jy besluit wat om vir hulle te koop.