Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit sal ’n onvergeetlike jaar wees. Dis ’n tyd wanneer dinge vir jou gebeur – mooi dinge wat jou status en geldelike posisie verbeter. Jy het ’n paar vernuwende idees en waag dit om te sê wat jy dink.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is ambisieus, ywerig en ondernemend, maar sal dikwels onaanvaarbaar optree. Hulle het geldprobleme, maar het ’n maat wat sal help om stabiliteit in hul geldsake te bring. Hulle is te saggeaard om ’n baas te wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is hou voordeel in vir jou vennootskappe, veral jou huwelik, of selfs tydelike besigheid en werkvennootskappe. Dit is ook ’n goeie dag om uiting te gee aan jou kern as Boogskutter, maar jou gedagtes is nie nou daarby nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag duik ’n gesondheidsprobleem op. Hierdie sterre gaan gewoonlik saam met senuwee- of spanningsprobleme weens die opbou van spanning. Moenie bekommerd wees nie, dinge sal eindelik normaliseer.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die nuwe maan val in jou vyfde hoek en bring uitstekende voordele. Dit is die hoek wat jou liefdeslewe beïnvloed. Dit kan kinders ¬– van babas tot kleuters – insluit. Daar is goeie naweekaktiwiteite.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Die nuwe maan vandag laat die klem weer op huissake val. Jy voel dis nodig om dit gemakliker en meer verwelkomend in te rig. Visse hou daarvan dat mense welkom in hul huis voel.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die sterre vir vandag is goed vir twee dinge. Eerstens sal die sterre dit vir jou makliker maak om raaisels op te los en dinge te doen wat baie breinkrag vereis. Die ander is reis. Dis vir jou lekker om plekke te besoek en dinge te doen.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Naweke is nie gewoonlik ’n goeie tyd om geldprobleme te takel nie, maar hierdie naweek is besluite en organisasie nodig. Jy sal Maandag briewe stuur en die antwoord ongeduldig afwag.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag se volmaan val in jou teken. Hierdie posisie van die maan maak jou altyd rusteloos en omdat Tweelinge in elk geval dikwels rusteloos is, sal dit die probleem vererger. Doen iets wat liggaamlike inspanning verg.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die volmaan val vandag in jou twaalfde hoek. Dit is ’n swak posisie vir die maan en eintlik vir enigiets. Jy kan dus nie ’n dag gevul met vreugde verwag nie, maar een met baie vertragings.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dikwels laat die sterre wat jy vandag het, drome waar word. Ek dink nie dit sal ’n groot droom wees nie, maar die kleintjies waaroor jy die afgelope tyd dink en waaraan jy nog niks gedoen het nie. Die atmosfeer is goed vir die liefde.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Die volmaan sal jou ego en aansien ’n groot hupstoot gee. Mense sê mooi dinge oor jou en jy voel jy word deur die groep aanvaar.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy droom daarvan om na ’n ongewone plek te gaan, veral ’n ver plek. Die Weegskaal is ’n lugteken; daarom verkies jy om in die lug te reis, maar met jou sterre tans verkies jy ’n reis op water.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag is dit die einde van iets; miskien ’n huishoudelike toestel. Jy sal hieroor nogal in ’n slegte bui wees, maar sulke dinge gebeur en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie, behalwe om dit te aanvaar en vorentoe te kyk. Dit is ’n besige dag.