JOU DAG

Jou sterre vir vandag is goed vir gedissiplineerd en avontuurlustig wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die mag om ander te beïnvloed. Maak dus seker jy doen dit op positiewe en produktiewe maniere. Probeer meer sosiaal wees noudat jy die raad en ervaring van ’n vriend, onderwyser of mentor ter harte geneem het.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie instorm en ’n sensitiewe situasie opmors wat ’n probleem met ’n kind, tiener of vriend betref nie. Meer geduld is nodig as jy wil help eerder as pla.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dit is moeilik om jou werk en gesin te balanseer. ’n Gesinslid se koppige houding frustreer jou. Doen alles wat jy kan om hulle te help om die huidige situasie vanuit ’n breër perspektief te beskou.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Uranus help jou om ’n ingewikkelde dilemma op ’n waaghalsige, nuwe manier te benader. Maar omdat Venus nou agteruit deur jou sone vir sosiale media beweeg, moet jy versigtig wees met wat jy aanlyn pos.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Verwag die onverwagte. ’n Geliefde of kollega se optrede ontstel jou. Moenie vinnige gevolgtrekkings maak nie – daar steek meer in die saak as wat op die oppervlak sigbaar is.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy het vandag goeie sterre vir studeer en reis. Jou nuuskierigheid laat jou in die rigting van ’n splinternuwe avontuur beweeg. ’n Persoonlike probleem kan dalk weer opduik omdat Venus agteruit in jou teken beweeg.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

’n Adviserende benadering hou belonings in wat handel, besigheid en onderrig betref. Span jou intuïsie in om ’n blywende oplossing te vind as jy ’n probleem het wat jou bekommer.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dis nie ’n goeie tyd om winkel toe te gaan nie, want jy is geneig om maklik geld uit te gee. As jy jou behoeftes en begeertes skei, sal jou inkopielys aansienlik verkort.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Mense irriteer jou en jy oorreageer. Kalmeer, Skerpioen, anders kan jy ’n berg van ’n molshoop maak.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy wil die volgende paar dae heelwat vermag, maar moenie meer aanpak as wat jy gemaklik kan hanteer nie. Laat genoeg ruimte in jou besige rooster sodat jy tyd kan afknyp vir ’n avontuur wat opduik.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

’n Gesinslid verras jou met onvoorspelbare optrede. Voel jy asof jy in die verlede vashaak en nie vorentoe kan beweeg nie? Wees geduldig en wag tot dit ’n beter tyd is om te reageer.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Kreatiewe kommunikasie is in die kollig en die gesprek tussen jou en iemand wat nes jy dink raak baie lewendig. Dis ook ’n goeie tyd om te netwerk en jy bestee tyd saam met iemand wat jou lewe op positiewe maniere beïnvloed.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jou energievlakke wissel vandag. Vat dinge kalm. Die astro-atmosfeer is gunstig vir aktiwiteite soos lees, skryf en kuier en jy bestee tyd saam met familie of vriende.