Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Gelukkige sterre skyn in die komende jaar vir jou. Dit is nie sterk genoeg om jou ryk te maak nie, maar genoeg om goeie goed te laat gebeur wat jou gelukkiger gaan maak. Jy gaan belangrike kontrakte en ooreenkomste sluit. Dink voor jy dit onderteken.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas gaan opreg, lojaal en ambisieus wees. Hulle gaan die talent hê om bo uit te kom en gaan dit regkry om die regte tyd op die regte plek te wees. ’n Uitstekende brein en lewendige verbeelding. Hoë en edele ideale.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is ’n paar gevoelens wat jou omring. Jy gaan weliswaar nie oornag ryk word nie, maar als verloop vir ’n verandering glad, en jy gaan nie teen vanaand soos ’n uitgedroogde vadoek voel nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag is die einde van die een of ander soort projek. Dit is iets waarvoor jy gewag het. Dit is dalk niks groots nie, maar dit is belangrik vir jou, want dié einde baan die weg vir ’n ander projek wat jy in gedagte gehad het.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy gaan die grootste deel van die dag in ’n harwar wees. Dit is omdat daar dinge is wat afgeskeep is en om dit reg te stel moet jy van plek tot plek gaan.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy moet maar jou geldsake dophou. Ek sê nie jy gaan in die rooi beland nie, maar ek dink jy gaan ’n verrassing kry wanneer jy jou banksaldo’s nagaan. Dit gaan ’n besige dag wees en iemand gaan bes moontlik hul humeur te verloor.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit is ’n goeie dag om nuwe projekte te begin. Die aanduidings is: Jy het geen nuwe projekte in gedagte nie; dus dink jy nie dit is van toepassing op jou nie. Glo my vry: Jy gaan teen die einde van die dag met iets nuuts begin.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy gaan ’n paar keer vandag voel jy was al daar en het dit gedoen, maar kan dit nie duidelik onthou nie. Dit is taamlik akkuraat; jy is tans in ’n tydperk waar gebeure van die verlede hulle herhaal.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis ’n geleë tyd om tyd met vriende en kennisse deur te bring. Hierdie gevoel bring ook ’n droom of hoop aan die lig namate jy groter duidelikheid kry en jy sien hoe jou droom bewaarheid word. Snaaks genoeg is dit ook ’n goeie dag vir werksake.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die dag gaan meestal uit roetine bestaan, maar een of twee oomblikkies gaan uitstaan omdat iemand (of dalk ’n groep mense) jou laat weet hulle dink jy is taamlik slim en ’n aanwins vir die wêreld.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou gedagtes dwaal ver. Dit is dalk omdat jy binnekort wil weggaan, maar dit is waarskynliker omdat iemand op ’n verafgeleë plek jou nader en laat weet hoe goed dit daar by hulle gaan.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag bring ’n rekening waarsonder jy kan klaarkom. Dit hou met reis verband. Dalk is dit herstelkoste of dalk jou motor se registrasiekoste. Wat dit ook al is, dit is hoogs onwelkom. Jy moet dit steeds betaal.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Die sterre bring vandag ’n goeie gevoel in jou sterre wat verband hou met die huwelik of romanse. Hierdie sterre beloof dalk nie veel aksie nie, maar dit bring ’n lekker stemming, en harmonie is altyd lekker.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

As jy effens ongesteld voel, kan jy die meeste van die skuld daarvoor op jou sterre pak. Met dié sterre het jy dalk vanoggend wakker geskrik en gewens jy kan die res van die dag in die bed deurbring.