Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Die belangrikste krag van jou sterre vir vanjaar is dat jy goeie nuus kry. Ek sê nie jy gaan elke dag goeie nuus kry nie, maar die nuus maak jou gelukkig en verander jou lewe ten geode. Jy het ook goeie sterre vir reis.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Die sterre vir hierdie persone dui op algemene sukses in die lewe. Hulle het ’n verligte, filosofiese wêreldbeskouing en kan helder en ernstig oor sake dink. Hulle het baie goeie oordeel en sal op akademiese gebied uitblink.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar sal vrae wees oor wie in beheer is en wie die besluite neem. Soms is dit goed om hierdie dinge te bevraagteken, maar moenie ondeurdag en oorhaastig optree nie. Wees taktvol en kry al die feite voor jy reageer.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is omstandighede uit die verlede op die voorgrond, asook ’n soort reis. Die reis wat hier ter sprake is, is gewoonlik ’n langafstandreis, en dalk selfs een oor diep water. Jy moet verreikende besluite neem.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Iets wat jy wil hê, sal op ’n vreemde of ongewone manier na jou kant toe kom. Dis waarom jy weer sal moet dink oor van jou idees oor wie wat doen en hoekom. ’n Soort versekeringskwessie kompliseer sake.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis ’n goeie dag vir ’n vennootskapsreëling oor werk. As jy die taak alleen aanpak soos jy graag wil, sal jy misluk en op die ou end belaglik lyk en voel. As jy kragte met iemand saamspan, kan jy eindelik wen.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die goedgunstige Jupiter is tans in jou teken en omdat daar ook goeie sterre is vir sake wat met veraf plekke te doen het, kan jy dalk reis na ’n buitepos waar jy orde in die chaos kan bring.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het goeie sterre vir die liefde en romanse op ’n tyd wanneer jy in die bui is om hierdie goeie sterre tot jou voordeel aan te wend. Die liefde sal sekerlik hierdie goeie sterre kan gebruik.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy moet ’n projek afsluit. Die projek het waarskynlik met werk te doen en die hulp van iemand wat weet wat hulle doen, sal nodig wees. Gelukkig kry jy die meeste van die eer.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy sal rondhardloop en dis nogal ongewoon vir ’n Maandag. Gelukkig lyk dit of jy voorbereid op hierdie aktiwiteit is; dus word jy nie van stryk gebring nie. Wel, nie vir lank nie. Dis ’n byna perfekte aand.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het goeie sterre vir geldsake. Vir ’n paar Boogskutters sal vandag se sterre ’n klein wen meebring, maar meestal bring dit goeie omstandighede vir die liefde en romanse mee. Ek weet watter een van die twee jy sal verkies. Dis ’n goeie begin vir die week.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy kyk om jou en probeer uitwerk wat jy wil doen en hoe jy dit wil doen. Hierdie aktiwiteit behels meestal dat jy projekte tot ’n hoogtepunt voer en jy lof kry vir jou werkywer en voorsorg.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het op ’n manier betrokke geraak by reis en dinge uit die verlede. Ek het hierdie sterre al gesien wanneer mense oudhede koop of dinge wat lank gelede in die mode was. Koop jy dalk ’n ou kar?

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Iets wat met geldsake te doen het, is op die voorgrond. Dit lyk of dit een van die dinge is waarvoor jy hoop of wens. Dis sekerlik iets wat al lank aankom. Geduld wen weer.