Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar gaan jy na jou lewe kyk en besluit dis hoog tyd om van die rommel ontslae te raak, en ek bedoel nie net die goedjies wat lê en stof vergader nie. Dit is ’n tyd vir groot ontdekking.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas is baie intens. Hulle het ’n diep en blywende liefde vir hul huis en gesin, en verdedig familielede, veral vroue. Hulle het baie integriteit en hoë ideale. Dit is iemand baie gepas vir ’n hoë amp.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou sterre lyk goed vir die liefde en romanse, maar daar is ander sterre wat blykbaar hierdie sterre probeer teenwerk; dit is dus onduidelik of hierdie sterre resultate gaan oplewer. Die beste raad is om te kyk hoe sake verloop.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die einde van die week bring die einde van ’n projek. Dit is nie iets belangriks nie, maar daar is altyd ’n leemte wanneer ’n projek eindig. Die vraag is, wat doen jy om hierdie leemte te vul? Ek dink die antwoord is: baie min.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy gaan dinge vandag organiseer. Dit beteken jy gaan op die telefoon wees, teksboodskappe stuur en briewe stuur om sake afgehandel te kry. Dis ’n bietjie laat in die week vir briewe, want vroeg volgende week moet alles op dreef wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy moet na jou geldsake kyk. Jy dink alles is reg, maar daar gaan dalk in hierdie tydperk geld onttrek word en jy moet seker maak daar is genoeg geld om die aftrekking te dek.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

’n Nuwe projek begin. Jou sterre vir hierdie projek lyk vreemd, sterre wat heelwat intensiteit bring. Dalk begin jy ’n emosionele reis, wat dit ook al beteken. Dalk hoor jy van iemand op so ’n reis.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre om jou, maar op ’n manier raak jy betrokke by die verlede ophaal. Dit is nie duidelik wie se verlede hier opgehaal word nie, maar die kans bestaan dat dit joune is. Moenie oorreageer op mense se reaksies nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is lieflike sterre vir tyd saam met vriende en kollegas. Hierdie sterre bring jou nader aan iemand en maak jou oë oop vir gedragspatrone wat jou tot nou toe dronkgeslaan het. Elke aksie het ’n reaksie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Soms bring vandag se soort sterre die een of ander bevordering, maar dit is nie nou ’n waarskynlikheid nie. Boonop gaan jy nou op jouself moet steun rakende werk voltooi wat ander ongedaan gelaat het.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Het jy lus vir ’n lang reis? Wel, jou sterre lyk goed vir ’n reis of vir reëlings vir ’n reis in die nabye toekoms. Dit is nou herfs op die Champs-Élysées en die kastaiingbome verander van kleur.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Vandag kry jy rekeninge wat jy nie wil hê nie; jy meen dit is buitensporig, maar jy moet opdok, want jy het reeds die produk gebruik waarvoor jy so baie betaal het. Wees versigtig as jy jou motor êrens moet parkeer; moenie onwettig parkeer nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou sterre lyk wonderlik vir die huwelik en intieme verhoudings. Hierdie sterre gaan jou nie hemelwaarts dra nie, maar daar gaan lekker oomblikke bring wanneer jy gaan bly wees dat jy die sensitiewe, liefdevolle Kreef is.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dit blyk jy het meer werk as gewoonlik. Terselfdertyd voel jy dalk ook ’n bietjie olik. Kyk so daarna: Môre is naweek en jy kan ontspan en die lewe geniet.