Sterre met Arthur Bowman


VERJAARDAGVERSLAG:Hierdie jaar bring veranderinge waarvan jy op die oomblik net kan droom. Daar bestaan ook die moontlikheid van aansienlike winste deur middel van gelukspele; koop dus gereeld loterykaartjies. Jy sal belangrike ooreenkomste sluit.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het ’n uitstekende verstand. Hulle wil elke besonderheid van iets weet en dit later gebruik. Hulle is uitstekende kommunikeerders. Hulle het ’n breë lewensbeskouing met ’n liefde van alles wat mooi is in die natuur en die kunste. Hulle is baie intens.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar lê veranderinge by die werk voor. Jy hoef jou nie daaroor te bekommer nie, want dit sal jou nie so diep raak soos wat dit die mense om jou raak nie. Die goeie nuus is, dit is goeie veranderinge wat jy kan aangryp.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

As ek in towerkuns geglo het, sou ek vandag sê jy sal ’n towerdag beleef, want dinge sal net vir jou gebeur. Jy sal aan iets dink en skielik sal dit daar voor jou wees. Maar dit beteken nie jy sal groot geld wen nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar sal ’n paar skielike veranderinge wees; iets eindig sodat iets groters en beters sy plek kan inneem. Dit is nie die tyd om oorhaastig te wees nie; kyk toe en dink aan hoe jy dinge kan gebruik.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar sal nuus van of oor ’n familielid wees. Dit sal dalk goeie nuus wees, maar dit sal skielik en onverwags wees. Maar wanneer jy stilsit en daaroor dink, besef jy jy moes dit verwag het.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag se sterre sal op jou inkomste weerspieël. Hierdie sterre bring gewoonlik ’n skielike rigtingsverandering. Vir baie Visse beteken dit hulle verlaat hul pos vir iets groters en beters; beslis iets met minder harde werk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dit is ’n dag van verandering. Jy sal jou roetines verander en selfs oor persoonlike sake van mening verander. Ek dink nie jy sal oor enigiets belangriks nadink nie, maar jy sal sake vanuit ’n ander oogpunt beskou.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is ’n dag van nuwe dinge; jy kom vorendag met ’n paar nuwe idees vir sake verwant aan werk en plesier, veral plesier. Daar sal ook ’n nuwe belangstelling wees. Dalk besluit jy om seëls te begin versamel.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Vandag se sterre lyk goed. Hierdie sterre sal iets bring wat jy wou hê, iets belangriks vir ’n stokperdjie of belangstelling. Aan die negatiewe sy sal ’n vriend of kollega ’n probleem verander.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dinge is aan die verander, veral jou verhouding met ’n paar mense in gesagsposisies. Dit is ’n tyd waarin jy versigtig moet trap; dit wat vandag gesê of gedoen word, sal lank onthou en later gebruik word.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iemand vra jou om ’n guns of dalk is die situasie omgekeerd. Ek dink dit is eersgenoemde, want die Leeu hou van hul onafhanklikheid. Help die persoon, maar wees diskreet.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy moet jou gedeelde geldsake mooi ondersoek. Daar is iets wat dit ooreis en dit is iets wat jy nie nodig het nie. Die uitgawe blyk verwant te wees aan gereelde onderhoud, wat duur kan wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die Weegskaal is nie gewoonlik mededingend nie, maar vandag is jy. Dit is as gevolg van die sterre wat jy vandag het; dit is mededingend en jy sal nie veel van ’n keuse in die saak hê nie, want jy sal genoop voel om mee te ding en te wen.