Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het vanjaar baie om te doen en sal vassteek daarby. Dit sal veroorsaak dat jy aan party mense se verkeerde kant beland. Dit is mense wat vir jou belangrik is en wat jy regtig nie moet aanstoot gee nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal ’n handvol wees. Hulle is aktief en energiek. Hulle sal die lewe wil verken en die meeste wil haal uit wat die lewe bied. Hulle sal geïnteresseerd wees in sport en gewild wees by hul portuurgroep. Hulle word bewonder vir hul fisieke vaardighede.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is daar meestal normale werktoestande. Jy verrig alledaagse take en kry die gewone hoeveelheid waardering daarvoor, maar daar kan ’n effense byt wees wanneer die kwessie oor wie vir wie moet help geopper word.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar sal ’n stryery wees omdat iemand ’n fout begaan. Sekerlik kan dit nie die Tweeling se fout wees nie? Die enigste ding wat jy moet doen, is aanvaar jy was verkeerd en begin om die onvermydelike uitval uit te sorteer.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is daar verwarrende sterre vir tyd saam met vriende en kollegas. Hierdie sterre bring goeie omstandighede mee vir kuiers, maar terselfdertyd is daar ’n gevaar van skerp woorde. Skerp woorde kry jou nêrens nie. Wees voorbereid om pad te gee.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy is druk besig, maar kry heelwat gedoen. Moet net nie kortaf wees met mense as hulle na jou toe kom vir hulp of raad terwyl jy besig is nie. Onthou, jy was ook eens ’n beginner.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou gedagtes is by langafstande. Jy oorweeg dalk selfs ’n reis op die oseaan. Hou op dink daaroor en doen iets. Dit kan ongelooflik kalmerend wees om op ’n skip te wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Sake is nie heeltemal soos dit lyk nie en jy kan op die ou end iets doen wat jou duur te staan kom. Dis nie duidelik presies wat jy doen of vermoedelik beskadig nie, maar op die ou end sal jy armer en onbeïndruk wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dis nie ’n goeie dag om saam met ’n kollega te werk nie, maar dis regtig nodig dat jy met ’n groep of kollega saamwerk om iets gedoen te kry. As jy die versoeking voel om sarkasties te wees, byt op jou tong.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy sal die grootste deel van die dag hard werk. Jy sal probeer om van die werk wat aan jou toegewys is op iemand anders af te skuif, maar niemand is bereid om dit te aanvaar nie. Dit lyk asof jy vas is. Dit gebeur met die beste van ons.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy het uitstekende sterre vir liefde en romanse en die heerlike vooruitsig van interessante aksie. Is dit nie altyd so nie? Jy het middelmatige sterre vir romanse die naweek, maar romanse wink op ’n werkdag.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy besluit om iets te eindig, maar daar is onverwagte teenstand. Soms moet ’n mens net die opposisie ignoreer en met jou planne voortgaan. Dit kan nie seermaak om wel van die besware kennis te neem nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy sal baie rondhardloop. Jy sal moet besluit watter take belangrik is en watter jy nou moet doen. Jy sal dit vreemd genoeg maklik vind. Jy sal albei kante van ’n saak kan insien.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Geldsake is weer belangrik omdat jy ’n rekening moet betaal wat jou bankrekening nogal leeg kan laat. Jy wil iets vir jouself koop, maar stel dit maar verder uit.