Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal by uitstek ontdekkings inhou wat jou oë sal laat oopgaan. Jou vermoedens word bevestig. Dis ook die jaar waarin jy ’n groot mylpaal bereik.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is lief vir en vaardig met die skone kunste, maar neig na ultramoderne en grondverskuiwende interpretasies. Hulle het baie vriende, van wie die meeste lewenslank in die prentjie is. Hulle is intelligent, intuïtief en ’n inspirasie vir ander.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is vreemde sterre vir geldsake en persoonlike besittings. Dis vreemd, maar dit lyk of jy terselfdertyd wen en verloor. Dalk verloor jy geld en tel ’n noot of twee op wat iemand anders laat val het. Dit behoort te werk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Soms is dit belangrik om stil te bly oor omstrede kwessies. Ek weet jy het die reg om te sê wat jy dink en as party mense nie daarvan hou nie, is dit hul saak, maar is dit regtig hul probleem?

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iemand het foute gemaak op ’n gebied waar jy jou storie ken; dus help jy hulle om dit alles uit te sorteer. Dis baie edel van jou, maar soms hou mense nie daarvan om gehelp te word nie. Hulle dink dit stel hul swak punte ten toon.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dikwels bring die sterre wat jy vandag het iets waarvan jy droom mee. Dit beteken gewoonlik jy doen iets wat jy al lank wil doen. Kan dit wees dat jy vryval of iets anders waagmoedig doen?

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy sien iemand is op pad om ’n fout te maak. Jy wil hulle keer en dinge goed laat verloop, maar soms is dit die beste om mense hul eie foute te laat maak en hulle dit self te laat uitsorteer. So leer hulle beter.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Met vandag se sterre sal jy ’n plek wil besoek waar jy na mooi dinge kan kyk. Dit lei dikwels tot ’n besoek aan ’n kunsgalery of ’n plek waar pragtige items of mense is. Dis ’n prettige dag.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar is gesamentlike uitgawes wat betaal moet word. Dis niks groots nie, maar ’n reeks klein uitgawes wat aangegaan is namens jou en iemand anders of dalk ’n groep waarvoor jy verantwoordelik voel. Dis alles die moeite werd.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Iemand of ’n groep moet weet wat jy beplan, maar jy wil jou planne dig hou. Dit het waarde om dinge privaat te wil hou, maar soms is sulke geesdrif misplaas, soos vandag.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag lewer interessante werksituasies op. Jy sal al jou Skerpioen-diskresie nodig hê, want party mense is nie wat hulle voorgee om te wees nie. As jy hulle in jou vertroue neem, sal jy dit binnekort berou.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het uitstekende sterre vir die liefde en romanse. Astroloë is dol oor dié sterre, veral wanneer hulle dit in hul eie horoskope sien. Daar is ook effens goeie sterre vir klein winste. Neem kennis, ek het gesê klein winste. Ek bedoel dit.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit lyk of daar spanning is oor iets wat jy afhandel en iets wat met veranderinge by jou huis te doen het. Hooftekens bekommer hulle nie gewoonlik oor veranderinge nie, maar sal vandag.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is klein steurings om jou. Hulle is mooi en dit lyk nie of hulle onhanteerbaar raak nie, maar hulle sal maak dat jy geduld en begrip moet hê tydens enige kort reise wat jy onderneem.