Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal jy om jou kyk en sien hoe baie van die dinge en mense in jou lewe oorbodig is en niks tot jou bestaan bydra nie. Dit sal jou aanspoor om veranderinge te maak en sekere mense uit jou lewe te stoot.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is baie intens. Halle sal baie geheg aan hul huis en familie wees en sal gesinslede teen werklike en verbeelde bedreigings beskerm. Hulle is charismaties en het die vermoë om te lei. Hulle is diepdenkend.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag is daar kontak met groot groepe mense, veral mense wat by die werk of ’n besigheidstransaksie by jou betrokke is. Oorweeg dit om jou uit te hou uit gesprekke wat na sensitiewe sake kan neig.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag hou gesondheidsprobleme in of daar is gesprekke oor gesondheidsprobleme. Dalk neem iemand siekverlof of wil hulle ’n langnaweek neem en sê net hulle is siek. Hoe ook al, dit lyk of jy met hul werk en joune opgeskeep sit.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie sterre vir romantiese sake. Dis tyd dat die Leeu in jou na vore kom sodat jy jou goed kan uitdruk. Met hierdie sterre behoort dit ’n goeie begin vir die naweek te wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Te oordeel na die sterre is iets op die punt om tot ’n einde te kom en ek praat nie van die werkweek nie. Dit lyk of die einde met jou werkskedule te doen het. Dit sal nogal ’n gat in jou speeltydskedule laat.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre om rond te hardloop en sake af te handel. Jy besef dalk jy het ’n assistent nodig, maar op die laaste dag van die werkweek is dit soms moeilik om iemand te kry wat gewillig is om te help.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Geldsake is altyd belangrik, maar dit lyk of dit vandag belangriker as gewoonlik is. Eintlik is dit net so belangrik soos dit dié tyd verlede maand was. Kan dit beteken jy het met die maandelikse rekeninge te doen?

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dis die einde van die werkweek, maar dit lyk of jy gereed maak vir ’n begin eerder as ’n einde. Kan dit beteken jy is besig met voorbereidingswerk vir iets wat volgende week in volle swang sal wees?

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iemand bring ’n reeks foute wat jy die afgelope week of dalk maand begaan het onder jou aandag. Dis nie jou idee van ’n aangename Vrydagnamiddag nie, maar daar is tye soos vandag dat jy maar net met die werk moet aangaan.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag se sterre het ’n invloed op jou hoek vir vriende en kollegas. Dit bring goeie omstandighede mee om te kuier saam met die mense van wie jy hou en wat van jou hou. Dit sal lekker wees om ’n paar uur van die werk weg te glip, nè?

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Spanning bou op. Die sterre wys nie waar en hoekom nie, maar dit gebeur en jy moet dit stopsit voor dit in ’n storm in ’n teekoppie verander. Gelukkig is jy ’n gebore diplomaat.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het vandag goeie sterre, maar daar sal ’n gesukkel wees weens dinge soos beweging of reis. Daar is goeie sterre vir besprekings. As jy dus op ’n vaart wil gaan, is dit nou ’n goeie tyd om te bespreek.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dikwels bring die sterre wat jy het versekeringskwessies na vore. Dis onduidelik waarom dit so is, maar die kwessie is gewoonlik om die premies te betaal en jy is ontsteld oor hoeveel dit gestyg het.