Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy bereik vanjaar ’n punt in jou lewe waar daar geen omdraaikans is nie. Jy moet besluit watter weg jy wil kies en dit dan volg. Dit is ’n tyd waarin jy skielike en onverwagte bevordering kry.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is ambisieus, talentvol en gelukkig – ’n fantastiese kombinasie. Hulle sal goed vaar in die rigting wat hulle kies. Hulle ervaar ook sukses op die gebied van die liefde en die huwelik.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Op die een of ander manier sal geldsake uit die verlede of wat omstandighede in die verlede behels vir ’n bietjie ekstra geld in jou sak sorg. Dit sal nie baie wees nie, maar dit is daardie ietsie ekstra wat ons almal waardeer.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb. 19)

Die volmaan val vandag in jou hoek vir werk. Dit is ’n voorteken van nuwe werksomstandighede vir die Waterdraers wat al terug by die werk is. Vir ander beteken dit die begin van ’n nuwe projek, moontlik iets vir die huis.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir sake wat met kinders, veral babas, te doen het. Vir sommiges beteken dit ’n toevoeging tot die gesin en vir ander nuus oor ’n swangerskap. Daar is ook goeie sterre vir liefde en romanse.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Aan die begin van die week kom iets tot ’n einde. Hierdie sterre gaan gewoonlik saam met die uitgooi van toestelle wat nie meer goed werk nie. Dit is beter om dit te vervang.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Baie Bulle monopoliseer die telefoon vir die grootste deel van die dag. Die goeie ding is jy kry goeie nuus terwyl jy gesels en jy hou daarvan om goeie nuus oor te vertel. Iets gebeur wat jou ego streel.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy sal oor geld bekommerd wees. Jy het die afgelope tyd omtrent gespandeer en dis tyd om halt te roep. Gelukkig geniet jy die dinge wat jy met die geld gekoop het.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die volmaan in jou teken bring jou op ’n punt waar daar geen omdraaikans is nie. Jy besef jy moet ’n besluit neem en daarby bly omdat dinge ’n bietjie moeilik word. Moenie bekommerd wees nie, jy neem die regte besluit.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is die fokus op tye wat verby is. Dit gaan meestal oor verhoudings en dinge wat mense gedoen het, maar nie moes nie asook dinge wat mense moes doen, maar nie het nie. Wedersydse verwyte is sinloos.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Iets wat jy graag wil hê, sal gebeur. Dis nie so belangrik nie. Dit sal jou nie ’n groot som geld in die sak bring nie en sal jou ook nie voor ’n bewonderende skare laat beland nie. Wat wel sal gebeur, is dit sal jou help om van jou stil tye meer produktief te maak.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jou algemene aansien kry ’n hupstoot. Jy het nou die kans om te wys jy is nie net ’n mooi gesiggie nie; daar is ’n skerp brein daaragter. Jy het goeie sterre om saam met kinders te wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit lyk aanloklik om te reis. Jy kyk na brosjures of lees oor eksotiese bestemmings en wonder of jy ooit by hierdie plekke sal uitkom. Jy het die regte sterre vir reis, maar dit sal goed wees as jy dit binnekort doen.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is daar uitgawes wat jy nie verwag het nie. Jy wil dit ook nie hê nie. Daar is nie veel wat jy daaromtrent kan doen nie, so betaal en maak seker jy het nie weer dieselfde uitgawes nie. ’n Vennoot het ’n paar probleme wat jy sal kan oplos.