Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het die regte sterre om ’n paar ernstige foute te begaan. Dit sal gebeur as jy die wysheid: Haastige hond verbrand sy mond, verontagsaam. Iemand verwag dat jy van jou regte opoffer. Staan vas en moenie ingee nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense het ’n skerp verstand, hulle onthou soos ’n olifant en redeneer logies en korrek. Hulle het ’n wye belangstellingsveld, maar dis veral die wetenskap, fisika en meganiese toestelle wat hulle interesseer.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jou sterre is baie goed vir ’n kuier met vriende en kollegas, veral as die mense ouer as jy is. Dis ’n goeie tyd om mense te kontak, selfs as jy nie by hulle kan wees nie. Dis ’n tyd om inligting uit te ruil.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is daar ’n soort prestasie. Dis iets wat jy min of meer op jou eie of in die geheim gedoen het. Dis nie so betekenisvol soos om die wiel te herontwerp nie, maar dis baie goed.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy kry nuus dat jy iets wat jy wou doen, vermag het. Die ding wat jy wou regkry, behels mense op ver of oorsese plekke. Dis selfs moontlik dat jy voorgestel sal word vir ’n pos op ’n ver of eksotiese plek.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets sal vir jou gebeur. Dit sal nie op sy eie gebeur nie – dit is iets waarnatoe jy gewerk het en nou het jy eindelik die fase bereik dat jy dit kan eien. Dit sal maak dat mense van jou hou.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy begin iets op jou eie doen, maar sien gou jy het ’n vennoot of die hulp van iemand met plaaslike kennis nodig. Jy doen dit nie omdat jy dit wil doen nie, maar omdat mense gesê het jy kan nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar sal nuus oor onverwagte uitgawes wees. Die uitgawes behels werk of die mense saam met wie jy werk. Dis nie regtig ’n groot ding nie, maar dis genoeg om jou begroting vir die week te kelder. Terug na die OTM.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy dink na oor verhoudings en intimiteit, en hoekom nie? Jy is die Leeu van die diereriem en as ’n groot kat, het jy ’n reputasie wat jy gestand moet doen. Die goeie nuus is daar is ’n goeie stemming vir liefde en toegeneentheid. Geniet die dag.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Vandag is daar aktiwiteit in sake wat met werk, gesondheid of die welsyn van klein diere te doen het. Die meeste aktiwiteite pas jou, want jy hou daarvan dat dié dinge goed lyk en regtig in ’n goeie toestand is.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Mercurius in jou hoek vir die liefde en toegeneentheid en Saturnus in jou hoek vir kommunikasie veroorsaak frustrasie wanneer jy die spesiale persoon in jou lewe kontak. Dit kan wees omdat die foon se battery pap is. Kyk dus in die oggend of dit gelaai is.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy dink daaraan om iets te beëindig. Dit het betrekking op die huis en weens Saturnus se posisie, is dit iets wat jou baie geld gaan kos. Win ’n kenner se raad in.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jou hoofoorweging is om van een plek na ’n ander te kom. Op die een of ander manier sal enige reis wat jy onderneem, familie behels. Dit sal nogal ’n toets wees, want daar is baie oponthoude, maar jy sal bly wees sodra alles afgehandel is.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag kan jy bekommerd wees oor geldsake en persoonlike besittings. Gewoonlik bring hierdie sterre bekommernis oor bronne wat min is en dat jy iets van waarde sal verloor; iets wat vervang moet word.