Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is vanjaar uitstekende sterre vir jou. Jou posisie en geldsake sal verbeter en alles loop heeltyd net reg vir jou. Daar is baie harde werk, maar ’n oorvloed goeie belonings.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon het ’n breë visie. Hulle is talentvol en het goeie waarnemingsvermoë. Hulle dink oorspronklik. Hulle is ondernemend en vindingryk, maar soms is hulle hul tyd effens vooruit. Hulle beleef sukses en rykdom in die middelste deel van hul lewe.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Goeie sterre skyn op jou. Hierdie sterre bring voordele van vêr. Miskien kry jy geld of items van oorsee of ’n vêrgeleë plek, of dalk hoor jy goeie nuus van iemand wat tans oorsee is.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy kry ’n rekening van ’n organisasie. Dit hou verband met iets wat ’n rukkie gelede gebeur het. Miskien is dit ’n rekening waarvan jy vergeet het, maar natuurlik het hulle nie vergeet nie. Nou sit jy met onverwagte uitgawes.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Iets wat jy wil hê, sal gebeur. Dit het betrekking op ’n vennootskap en moontlik die hulp van ’n vriend; dalk is die persoon meer as ’n vriend. Daar heers ’n gelukkige atmosfeer en dus begin die naweek goed.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar heers ’n goeie atmosfeer vir werksake. Vir sommige Visse beteken dit hulle sal ’n werk kry wat hulle in die oog gehad het. Vir ander beteken dit die belofte van beter dinge. Maar beloftes is soos pasteideeg, maklik om te breek.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag is daar goeie sterre vir liefde en romanse. Dit is ’n lekker rigtingverandering waaroor jy baie bly is, maar werk of ander verpligtinge sal in die pad wees. Wees tipies Ram: Laat dinge vir jou gebeur en geniet dit.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir huislike sake. Met hierdie sterre sal daar die een of ander soort verandering wees wat so ontwerp is dat dit jou huis of minstens ’n deel daarvan bekoorliker en jou lewe effens makliker maak.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dit lyk asof jy dié Vrydag meer as gewoonlik rondhardloop. Kan ek waag om te sê jy pas Kersinkopies in en daar is ’n irriterende klomp mense en assistente wat nie weet waarvan jy praat nie?

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag kry jy iets ekstra. Dit is nie duidelik of dit ekstra geld of items is nie. Wat ook al dit is, dit is welkom en jy sal bly wees om ’n plekkie daarvoor te soek. Jy beplan naweekprojekte.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy is reg vir uitbreiding. Jy besef jy is op ’n sekere gebied of gebiede beperk, maar nou is dit tyd dat jy na iets groters en beters aanbeweeg. Wees net versigtig, want soms is groter nie beter nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

’n Besige dag lê voor. Dit is goed, want jy weet jy kan dinge gedoen kry en betyds ook. Dit lyk asof jy in die verlede delf en by kleinighede uitkom.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Iets wat jy wou hê, gebeur. Dit het daarmee te doen dat jy van plek na plek beweeg. Dit het ook met familie of bure te doen. Jou grootste probleem vandag is om vir die naweek se aktiwiteite voor te berei.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy kry goedkeuring. Dit is nie so belangrik nie, maar dit laat jou goed voel. Dit kan by ’n vroeë Kersparty wees waar mense mooi dinge oor mekaar sê – of hulle dié dinge glo of nie.