JOU DAG

Verwag ’n paar emosionele hoogte- en laagtepunte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy stel vir jouself en ander baie hoë standaarde. Die volgende 12 maande is dit tyd om jou loopbaan of openbare persona in ’n opwindende, nuwe rigting te stuur.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Is jy geïrriteerd omdat mense nie optree soos jy wil hê hulle moet nie? As jy ander probeer voorsê, sal jy ’n lang, vermoeiende dag hê. Koel kompromieë is die sleutel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Standvastige Bulle verkies dit dat sake sonder dramas of verrassings verloop. Jou leuse vir die dag? Sit jou aanpasbaarheidshoed op . . . en verwag die onverwagte!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die planete stimuleer jou rustelose aard en verkort jou aandagspan. Verander dus jou roetine en bestee tyd aan fisieke aktiwiteite in die buitelug.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.  

Jy sal ander vandag maklik ontstel al bedoel jy goed. Weerstaan die drang om iemand in gelyke munt terug te betaal. Fokus liewer daarop om die balans tussen jou professionele en persoonlike lewe reg te kry.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

As jy jou logiese en emosionele kante kan balanseer, sal jy bevredigende vordering maak. Is daar ’n probleem wat jou pla? Laat jou intuïsie jou in die regte rigting lei.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Dink goed oor besigheid en geldsake voor jy tot aksie oorgaan. Maak seker jy doen baie navorsing. Vermy haastige geldbesluite wat jy later gaan berou.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dit voel vandag of jy op verskillende sake gelyk moet fokus. Die huis, familie, liefde en werk ding alles om jou beperkte tyd en energie mee. Vat dit kalm, prioritiseer en leer om nee te sê!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

As jy te selfversekerd is, kan dit tot konfrontasies met ander lei. Koel dus af en hanteer sake versigtig. Dis ’n wonderlike tyd om jou kennis oor professionele sake uit te brei.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

As jy roekeloos met verhoudings is, kan jy met ’n moeilike vriend of woedende minnaar te doen kry. Probeer minder onverskillig en meer georganiseerd in jou geldsake wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer baasspelerig jy is, hoe meer probleme sal jy hê – veral tuis. Kalm kompromieë is die antwoord al voel jy glad nie lus daarvoor nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is op jou wilde en wonderlike beste en reorganiseer verhoudings met jou vindingryke idees en avontuurlustige houding. Wees gereed om aan die liefdesfront te eksperimenteer en te verken.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die fokus is vandag op kreatiwiteit en deernis. Jy gee uitdrukking aan jou kreatiewe kant of help iemand wat hulp nodig het. Wees voorbereid op vertragings en probleme as jy reis.