SATERDAG

JOU DAG

Die Tweeling-maan sorg vir gunstige omstandighede om te kommunikeer en te kuier.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is verbeeldingryk en romanties. Dit is groot pret om by jou te wees! Die volgende 12 maande is dit tyd om meer te leer en te reis – maar jy moet minder bestee en nie so oorboord gaan nie.

SONDAG

JOU DAG

Pluto sorg vir goeie omstandighede vir naby verhoudings en kragtige ervarings.

AS JY VANDAG VERJAAR

Februarie en Maart is die beste maande om by ’n aanlynwebtuiste aan te sluit om iemand te ontmoet, verlief en verloof te raak en te trou. Dis ook ’n goeie tyd om jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Probeer om die naweek nie te sê presies wat jy dink nie. Pluto moedig jou aan om ’n bietjie versigtiger en geheimsinnig te wees – veral as jy saam met kollegas of vriende kuier.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou huis is waar jou hart is en jy versorg jou gesin en vriende. Span jou kragtige intuïsie in om vas te stel wat ’n kind, tiener of vriend regtig dink.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

As intellek en intuïsie – jou linker- en regterbrein of kognitiewe en kreatiewe vaardighede – saamspan, sal jy ’n ware wenner wees. Moenie toelaat dat klein irritasies jou naweek bederf nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy openlik teenoor gesinslede of vriende oor geldsake is, kan dit op tantrums en trane uitloop. Put liewer inspirasie uit jou instink en skenk aandag aan jou drome.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die uitdaging is om op konstruktiewe maniere stoom af te blaas. Enige oefening sal goed wees en jy benut die hope energie wat jy die naweek het. Jy is ook passievol en kreatief.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Dis tans vir jou moeilik om die regte dinge te sê. Jy is die naweek in die kollig. Probeer dus jou opmerkings bemoedigend, vol insig en so positief moontlik hou.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy moet jou diplomatiese vaardighede inspan wanneer kollegas en geliefdes by ’n misverstand of deurmekaarspul betrokke raak. Wees die vredemaker, maar moenie in die kruisvuur beland nie!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Ou emosionele kwessies kan die naweek opduik, maar dit sal nie help om geheimsinnig te wees nie. Dit sal wel betaal om kragtig, passievol en opmerksaam te wees. Jy het die mag, Skerpioen.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is lus om ander ’n bietjie te terg en vies te maak. Dis goed bedoel, maar die mense om jou sal baie sensitief wees – kies dus jou woorde wys.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die bekwame Steenbok is gewoonlik baie rasioneel, maar onthou dis belangrik om na jou binnestemmetjie te luister. Jou intuïsie sal jou die naweek in die regte rigting lei as jy dit toelaat.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy sal die naweek dalk jou ideale en aspirasies moet verdedig. Bly kalm en weerstaan die verleiding om te oorreageer. Stel jou saak kalm en duidelik – en kyk dan vorentoe.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Terwyl jou verbeelding en intuïsie nou baie aktief is, is jy ingestel op ander se gevoelens en wat hulle dink. Dis ’n wonderlike naweek om met kreatiewe projekte besig te wees of om ’n vriend te help wat hulp nodig het.