JOU DAG

Stroewe Saturnus stuit vandag liefdeblyke.

AS JY VANDAG VERJAAR

Maagde in ’n verhouding moenie te veel van hul maat verwag en hulle kritiseer as hulle tekortskiet nie. Vir enkellopendes is daar in Februarie en Maart liefde in die lug.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is gretig om vas te stel wat die oorsprong van ’n probleem of geheim is terwyl jy navorsing doen oor ’n onderwerp of op soek is na inligting uit die verlede. ’n Familielid kan jou dalk met jou ondersoek help.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou huis is tans ’n besige plek. Die sterre is gunstig vir kuiers saam met familie en vriende en om heelwat tyd buite te bestee. Probeer om verskillende menings te akkommodeer.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy kan ’n misverstand tussen jou en ’n geliefde verwag omdat hulle hul gevoelens wegsteek. Jy sal sensitief en vol begrip moet wees as jy wil weet wat hulle regtig dink.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is wispelturige kreature en dis moontlik dat jy vandag buierig kan wees weens die maan se ligging teenoor Saturnus. Jy voel onseker. Vertrou jou instink. Hou jou gedagtes besig en doen fisieke oefening.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Geliefdes sal nie vandag jou lof besing nie. Hulle sal eerder vir jou meer werk gee en dan jou pogings kritiseer. Maak asof jy dit nie agterkom nie en moenie dit persoonlik opneem nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Moenie jouself in ’n situasie kry waar jy geen opsies het nie en dink daar is slegs een manier om dinge te doen nie. Die wagwoord is kommunikasie terwyl jy ander laat weet hoe veelsydig jy is.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Het jy geldelike probleme? Jy voel spandabelrig en gemaksugtig, maar dis tyd om op te hou om die geld te laat uitvloei. Jy moet begroot en spaar eerder as om inkopies te doen en geld uit te gee.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Onder die invloed van geslote Saturnus is jy geheimsinnig. Hoe meer jy ander van agter die skerms probeer manipuleer, hoe minder sal hulle jou motiewe verstaan.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters kan uitgelate, reguit en baasspelerig wees. Vandag se sterre spoor jou aan om ’n ongewoon beheerste benadering te volg en jy hanteer mense en situasies meer subtiel en konstant.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die maan en Saturnus plaas die fokus op jou hoop en drome vir die toekoms. Dis dalk tyd om jou doelwitte te hersien en jou drome aan te pas sodat dit die ouer en wyser jy beter reflekteer.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Ander sien raak wat jy doen terwyl die maan en Saturnus die kollig op jou werk laat val. Maak seker jy doen al die nodige navorsing as jy vir ’n werkonderhoud gaan.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer om nie vaag en verwarrend te kommunikeer nie. Saturnus vereis duidelike instruksies en baie harde werk. Hou dus op om uit te stel en sit skouer aan die wiel!