Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n belangrike jaar. Die noodlot sal dinge in jou lewe verander en dit wat die noodlot nie verander nie, sal jy verander. Jy sal nieproduktiewe aktiwiteite staak en konsentreer op dit wat werklik voordele bring.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie baba het wonderlike sterre vir naam maak. Hulle is aantreklik en sal gewild wees onder hul eweknieë en dié in magsposisies. Hulle is gelukkig en talentvol, ’n uitstekende resep vir sukses.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is hewige sterre vir jou vandag. Hierdie sterre dui ’n soort wending aan. Moenie bekommerd wees nie; dit is goeie sterre en hou goeie gevolge in. Dit sal lank duur, maar is voordelig vir jou.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die gebiede wat in jou kaart geaktiveer is, is jou hoek van familie en kommunikasie en jou hoek van die verlede en die foute uit die verlede. Dit wil voorstel dat iemand ’n ophef gaan maak van foute wat jy al gemaak het.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy kry iets wat jy wou hê. Dit hou verband met vriende en persoonlike besittings. Dalk kry jy ’n vroeë verjaardaggeskenk of dalk koop jy iets spesiaals van of deur ’n vriend. Dit is ’n gelukkige dag.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag hou ’n soort prys of prestasie in. Gewoonlik hou die prestasie verband met ander mense en spanwerk van die een of ander aard. Dit maak dit net beter, want dit wys jy kan goed met ander saamwerk.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jou sterre voorspel vandag langafstandreis, maar terselfdertyd word toestande uit die verlede ook opgediep. Dit beteken dalk ’n lang reis na ’n bekende plek of jy dink aan reise wat jy al onderneem het.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Ek gaan nie sê waaraan jy vandag dink nie, maar sou ek, sou dit wys jy is alles behalwe koudbloedig. Moenie net daaraan dink nie; doen iets.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy dink aan vennootskappe en die een of ander soort prestasie. Vir party is ’n vennootskap intiem van aard, maar dié prestasie hou verband met ’n aantal mense. Beteken dit jy is deel van die een of ander span?

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die sterre bring siekte en die vooruitsig van reis. Vir party beteken dit hulle gaan op ’n reis al voel hulle effe olik, terwyl ander olik voel en reisplanne maak.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy gaan aan liefde en romanse dink, en vir ’n verandering sal jou gedagtes ’n werklikheid word. Die vlieg in die salf is iemand wat oorhaastig is en alles bederf. Doen dus alles stadig en afgemete.

KREEF (22 Jun.- 23 Jul.)

Iets eindig en iets begin. Jy beweeg aan na iets beters en die lewe kry nuwe kleur. Op ’n manier is vandag ’n keerpunt in jou lewe, maar dit is ’n keerpunt ten goeie, iets wat ’n aangename herinnering sal wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Soos die sterre vandag lyk, sal jy waarskynlik effe olik voel. Dit is moontlik iets soos griep of ’n seer keel, maar die uiteinde daarvan is dat jy sal sukkel met kommunikasie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is goeie sterre vir wins. Met hierdie sterre kan jy iemand se hart wen, wat lekker maar effe ongemaklik sal wees. Nog ’n moontlikheid is dat jy iets koop of kry wat jy al lank wou hê; iets spesiaals.