Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:In hierdie jaar sal jy smag na verandering. Jy sal sien daar is baie irrelevante rommel in jou lewe waarvan jy ontslae wil raak. Dit is jaar waarin jy na nuwe lewenspaaie soek. Dit is ’n besige, produktiewe jaar.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is ’n gebore leier. Dit is iemand wat uit hul pad sal gaan om ’n verandering in die wêreld te maak. Hulle sal soms effe te aggressief en driftig wees, maar sal jou kalmeer. Hulle is lief vir sport.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre vir kontak met mense, veral familielede of dalk bure. Baie dikwels bring vandag se sterre ’n soort geleentheid, maar dit is onduidelik watter soort geleentheid dit is.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag bring goeie toestande vir geldsake mee. Ek sou graag wou sê dat dit ’n groot som geld is, maar ek kan nie. Wat ek wel kan sê, is dat jou geldsake ná vandag ietwat beter sal lyk. Kan dit ’n terugbetaling wees?

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets wat jy wou hê, gebeur vir jou. Dit is niks groots nie, maar dit is lekker wanneer iets uitwerk, al is dit hoe klein. Daar is ook goeie sterre vir tyd saam met vriende en kollegas deurbring. Dalk ’n partytjie?

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy besef jy doen werk buite jou gewone beperkings, maar jy doen dit stilletjies. Dit is onduidelik hoekom jy dit so stilletjies moet doen, maar ten minste word dit waardeer.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Iets wat jy wou hê, gebeur vir jou. Dit hou verband met vergeleë plekke en ’n geheime ambisie wat jy met niemand wil bespreek nie. Hierdie gebeurtenis stem jou gelukkig.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is dinge om jou aan die gebeur, maar dit is blykbaar in geheimsinnigheid gehul. Dit is nie so belangrik vir jou lewe nie, maar mettertyd sal jy dit raaksien en waardeer.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Ek sien nie dat die sterre liggaamlike aksie meebring nie, maar daar sal toegeneentheid jou kant toe kom en jy sal goed daarop reageer. Dis ’n gelukkige dag.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Vandag is die son in jou hoek van gesondheid en werk. Vreemd genoeg is die son in ’n posisie vir swak gesondheid. Jy sal nie ernstig siek wees nie, maar met hierdie sterre sal jou lewenskrag getap word.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is die son en Pluto bedrywig in jou hoek vir intieme verhoudings en jou hoek vir romanse. Die Kreef is een van die sensitiewe, romantiese tekens; ek is seker ek hoef nie te sê wat jy moet verwag nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die een of ander aspek van jou werk eindig. Maar dit is iets wat taamlik gereeld gebeur; dus moet jy jou roetines ook gereeld aanpas. Begin dus maar dink.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Iemand sal vriendelik met jou wees. Hierdie mens sal ’n familielid of buurman of -vrou wees; dus moet jy nie te opgewonde raak nie. Maar dit is steeds lekker wanneeer iemand sê hulle hou van jou en iets doen om dit te bewys.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag word jou hoek vir huis en haard geraak, asook jou hoek vir geld. Gewoonlik beteken dit jy moet van jou spaargeld vat en iets aan die huis doen. Beteken dit jy koop ’n ander woonplek?