Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is jy by ’n halfpadmerk. Dis ’n tyd wanneer jy moet besluit of jy in jou huidige rigting sal aangaan en of jy jou rug daarop wil keer en ’n ander rigting wil inslaan. Daar is baie goeie sterre vir geldsake en vooruitgang.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal nogal ’n dromer wees, maar is eerlik en lojaal. Hulle is vrolike mense, ietwat gelukkiger as die meeste en talentvol. Hulle behoort ’n sukses van hul lewe te maak en sal op die ou end baie welaf wees.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy moet iets eindig, maar om dit te doen, het jy beslis die ondersteuning nodig van iemand wat weet wat hulle doen. Dis nodig dat jy soos gewoonlik in beheer bly, maar daar kan ’n soort dispuut hieroor wees.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy hardloop weer soos ’n afkophoender rond. Dit lyk asof dit te doen het met die onlangse verlede, veral foute wat iemand begaan het. ’n Familielid sal help om sake uit te sorteer.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het goeie sterre vir geldsake. Soms kan die sterre wat jy het jou ’n klein bedrag in die sak bring deur ’n klein wen, maar meestal is dit geld waarop jy geregtig is soos oortydbetaling of dalk die terubetaling van geld wat jy aan ’n vriend geleen het.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy is in ’n bui om uit te brei, maar die Leeu is dikwels in so ’n bui. Die verskil vandag is jy besef skielik hoe jy in ’n sekere opsig met oogklappe aan geleef het en dis hoogtyd dat jy daardie oogklappe afhaal.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die volmaan vandag is goed vir kommunikasie. Hierdie sterre kan jou aanspoor om sake te bespreek wat jy weet jy nie moet nie, maar jy gooi alle versigtigheid oorboord. Jy weet wat gebeur as jy dit doen.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Sterre vir vrolikheid skyn in jou rigting. Hierdie sterre sal kontak bring met vriende en mense van wie jy hou. Onder ander omstandighede kon daar ’n partytjie gewees het, maar dis Maandag en niemand hou daarvan om op ’n weeksaand laat wakker te bly nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag is daar ’n hupstoot vir jou aansien en ego. Op die een of ander manier is ’n maat betrokke. Moontlik laat dié persoon mense weet hoe slim jy is of dalk kom die hupstoot direk van jou maat wat baie beïndruk is.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy is op ’n stil plek waar jy sake kan oordink. Die hoofstukrag vir jou diep denke is mense of omstandighede op ’n ver plek. Dalk oorweeg jy dit om na ’n ver plek te trek.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy kyk na ’n spesiale item en smag daarna om dit te hê. Tot nou kon jy dit nie kry nie – dalk omdat dit te kosbaar is. Daar is ’n kans dat jy dit nou kan kry. Hou dus moed.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal gevra word om iets oor te neem. Dis nie duidelik presies wat dit is nie, maar dit lyk of dit werk behels en dit kan nogal ’n pluim in jou hoed wees. Die probleem is jy weifel tussen twee uiterstes.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Werksake behels reis en meestal kortafstandreise. Familie of bure kan ook betrokke wees. Dis nie duidelik presies hoe dit sal werk nie, maar dit alles kan jou effens verleë laat voel. Jy kry nuus van ver.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag is jou libido hoog en daar is net kort geleenthede om dit te gebruik. Omdat jy die Ram van die diereriem is, is dit goeie nuus. Al wat jy moet onthou, is moenie ongeduldig raak nie. Stadig maar seker wen dikwels die beker.