Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit sal ’n goeie jaar wees, maar dis ’n tyd waarin jy geneig is om op een plek te bly eerder as om vorentoe te beweeg. Die tyd om aan te stap sal kom. Jy behoort vanjaar te kyk hoe jy die vooruitgang wat jy reeds gemaak het, kan konsolideer.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is nogal skerp en energiek. Hulle is geïnteresseerd in die aarde en produkte van die aarde. Hulle kan dalk selfs die grond wil bewerk. Hulle sal van tuine en wonderskone blomme hou. Hulle is saggeaard en liefdevol.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Misleidende omstandighede heers. Moet dus niks op die ingewing van die oomblik doen nie. Maak seker en kyk weer voordat jy optree. Vandag is daar ook meer werk as wat jy met gemak kan hanteer, maar is dit nie maar die storie van jou lewe nie?

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is misleidende sterre om jou. Dit lyk of hierdie sterre met dinge van die verlede te doen het. Dit behels foute wat jy gemaak het, veral dié wat jy in die openbaar erken het. Party mense gee nooit op nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iemand probeer jou ondermyn en te oordeel aan jou sterre doen hulle dit goed. Jou probleem is jy weet wat aangaan, maar daar is min wat jy daaraan kan doen sonder om bekrompe of paranoïes te voel.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is gunstige omstandighede vir kort reise en om familielede te kontak, veral per foon. Onthou jy nog die telefoon? Daardie ding waarin ons gepraat het en gehoor het hoe mense met ons praat – voordat teksboodskappe gewild geraak het.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is ’n misverstand wanneer jy reëlings tref oor geld of gesamentlike rekeninge. Jy sal vir mense sê hoe dinge is, maar hulle sal Swahili hoor en omdat jy nie besig is om Swahili te praat nie kan dit ’n probleem wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy is die grootste deel van dag besig om uit te werk hoe jy jou drome kan bewaarheid. Dit lyk of jy dit nie heeltemal regkry nie, maar ten minste sal jy party van die dinge wat jy wil hê, kry. Jy dink en doen groot.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Dinge uit die verlede hou nou voordeel in. Ek het geen idee hoe dit sal uitwerk nie, maar ek het al gesien dat belonings kom vir werk wat baie lank terug gedoen is en daardie tyd nie heeltemal gewaardeer is nie. Jy voel gelukkig.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Dis een van daardie dae dat mense bymekaar kom en dinge uitsorteer – so kry elkeen wat hulle wil hê en harmonie heers. Wel, ek oordryf dalk ’n bietjie, maar minstens sal dinge begin goed werk.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy behoort ’n boodskap te kry van iemand wat dink hy is die kat se snor. Die persoon is moontlik iemand jonger as jy en dalk, maar nie noodwendig nie, ’n Boogskutter. Daar kan ook verrassende nuus wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets eindig of ten minste lyk dit so, maar terwyl die sterre is soos hulle nou is, kan byna enigiets gebeur. As jy enigiemand opdrag gee om iets vir jou te doen, gee geskrewe instruksies en hou ’n afskrif.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy sal ’n rekening kry en omdat jy dit nie eintlik verwag het nie, is jy natuurlik nie daarop voorbereid nie. Dit lyk asof jy jou weer na jou spaarrekening moet wend, maar dis seker hoekom ons sulke rekeninge het.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir alle verhoudings, maar veral vir die huwelik en intieme verhoudings. Hierdie sterre sal nie veel aksie bring nie, maar sal sorg vir ’n sekere samesyn wat jy geniet.