Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis een van daardie jare dat jy goed sal vaar deur te hou by wat jy het en radikale verandering te probeer vermy. Jou planne vir die lewe werk uit en as jy versigtig is, kan dinge volgende jaar net beter word.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het ’n goeie verstand, maar is dalk ’n bietjie te versigtig en bereik daarom dalk nie hul “volle potensiaal” nie. Hulle sal baie vriende hê en hierdie vriende vir die grootste deel van hul lewe behou. Hulle is aangename persone.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het vandag goeie sterre, maar een ding sal dit bederf – ’n uitgawe waarvan jy of vergeet het of gedink het dit sal nie na jou kant toe kom nie. Moenie bekommerd wees nie, Tweeling, jy sal nog volgende week kan eet.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis een van daardie dae dat jy verkies om alleen te werk, maar jy vaar beter as jy in ’n groep of saam met ’n kollega werk. Dis nie dat jy nie die werk kan doen nie, maar jy sal dit soveel beter doen as jy hulp het.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Moenie bekommerd wees as jy olik gevoel het toe jy vanoggend opgestaan het nie. Dis jou sterre vir vandag. Hierdie sterre is nie regtig sleg nie – hulle laat jou net ’n rukkie lank sleg voel, maar dan kan jy weer voluit aangaan. Hou uit.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het matig tot goeie sterre vir jou liefdeslewe. Dis nie goed genoeg om almal finaal te oortuig die Maagd is nie die yskoningin nie, maar dis goed genoeg om jou goed te laat voel. Al wat jy nou nodig het, is die geleentheid om te skitter.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou gedagtes is by sake wat met die huis te doen het. Hierdie sterre dui gewoonlik daarop dat jy ’n besluit neem om sake te verander deur van die een of ander groot item ontslae te raak en dit met iets beter en meer modern te vervang.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy hardloop meer rond as op ’n gewone Donderdag. Gelukkig kan jy sake reël en gevolglik ly geen projekte nie. Wel, jy kan die sake probéér reël, maar ek is seker ’n paar dinge sal wel skade ly.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Werk versigtig met jou geld. Jy is geneig tot swak kopies en sal vind jy kan nie regtig doen met die items wat jy veronderstel is om daarmee te doen nie. Om die gesukkel te vermy is dit dalk wys om die kopery uit te stel.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dis ’n bietjie laat in die week vir nuwe projekte, maar dit sal jou nie keer nie. Dis nie dat jy so gretig is om nou met die projekte te begin nie, maar jy sien dit wat jy wil hê moet begin is so onbelangrik dat dit nie eintlik saakmaak nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy hou uit in moeilike omstandighede, want om daaruit te kom, gaan duur en tydrowend wees. Wel, die slegte nuus is jy sal binnekort in ’n posisie wees waar jy vir dit alles sal moet nee sê.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het goeie sterre om wense te bewaarheid. Dis geen groot wense soos om skielik ’n miljoenêr te word nie, maar klein dingetjies soos dat sekere sake vir jou uitwerk en sekere mense doen wat jy al lank wil hê hulle moet.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Op ’n manier word jy in beheer van iets geplaas. Dit pla jou nie, want jy het ’n paar idees oor hoe dinge gedoen moet word, maar daar sal probleme wees met mense wat voel hul mening moes eers gevra gewees het.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is gesprekke en die uiteinde kan wees dat iemand geïrriteerd word. Hou dit in gedagte en hou jou daaruit as die gesprek in die rigting van sake soos godsdiens, politiek of iets net so sensitiefs gaan.