Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Wanneer Jupiter en Uranus in ’n mens se jaarlikse horoskoop aktief is, soos in jou geval, is daar ’n goeie kans vir ’n groot wen van die een of ander aard. Maak ’n punt daarvan om gereeld ’n loterykaartjie in te vul. Dit lyk na ’n gelukkige jaar.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon het ’n skerp verstand en ’n goeie verbeelding, en sonder verbeelding is intelligensie niks. Dié mense het albei en daar is dus geen perke nie. Hulle koester ook hoë en edel ideale.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die volmaan val in jou sewende hoek en dui daarop dat jy die halfpadmerk bereik het met ’n projek wat jou na aan die hart lê. Jupiter is ook geaktiveer en dit beteken die laaste helfte van die projek sal vinniger as die eerste gaan.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir werksake. Jy wil uitbrei en sien daarna uit om na nuwe gebiede te beweeg. Moet net nie haastig wees nie; die sterre wat jy het, is goed, maar dis nodig om versigtig te wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die hoeke wat vandag geaktiveer is, is jou hoek vir die liefde en romanse en jou hoek vir hoop en wense. Die implikasie is duidelik en al wat jy hoef te doen, is om jou in ’n posisie te kry waar mooi dinge kan gebeur.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag val die kosmiese klem op jou werk of loopbaan. Iets wat met jou loopbaan te doen het, eindig. Terselfdertyd is dit nodig dat jy werk aan veranderinge aan jou huis of huishoudelike omstandighede.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Reis is belangrik. Soms beteken dit ’n uitstappie weg, maar vandag is die klem om kortafstandreise. Baie Tweelinge koop dalk nuwe of gebruikte voertuie. Dit lyk of grootte ’n kwessie is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis tyd om jou geldsake te bestudeer. Die sterre wat die aandag op hierdie sake vestig, is goed; dus is dit moontlik dat jy aan geldsake dink juis omdat jou situasie verbeter en jy meer in die bank het as wat jy verwag het.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal gretig wees om jou horisonne te verbreed, maar ’n maat sal ’n remskoen wees. Moenie jou maat se besware afmaak nie; daar wag sterre wat moeilikheid kan bring, en jy het beter sterre nodig vir enige groot reis.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag moet jy dinge stadig vat. Dit wat vandag met jou gebeur, is spieëlbeelde van dit wat ’n ruk gelede met jou gebeur het. Al wat jy nou moet doen, is uitwerk wat jy die vorige keer gedoen het en dit weer doen.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is baie goeie sterre wat wense kan laat waar word. Ek dink nie dit beteken jy sal teen vanaand stinkryk wees nie, maar jy sal beter daaraan toe wees of dalk sal jou vooruitsigte verbeter.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Iets wat vandag gebeur, gee jou selfvertroue ’n hupstoot. Dit kan byna enigiets wees, van ’n klein bietjie lof van ’n vreemdeling tot jy wat hoor jy is die volgende keuse vir ’n pos wat beskikbaar word. Vandag behoort onvergeetlik te wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dis ’n goeie tyd om mense kontak te maak mense op veraf plekke. Daar kan selfs praatjies wees dat jy na veraf plekke gaan, maar grotendeels gaan dit oor iemand wat van ver af hierheen kom. ’n Reis na Parys sal steeds wonderlik wees.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag heers ’n goeie stemming om saam met mense te wees en interessante dinge te doen, maar natuurlik is dit vir die meeste mense ’n werkdag. Dit lyk asof jy sal moet wag tot vanaand om mense te ontmoet en interessante dinge te doen.