Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Hierdie jaar bring ’n behoefte aan verandering in jou lewe. Jy moet die kaste en jou lewe skoonmaak. Skuif die mense wat jou siel versondig uit jou lewe.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hulle is baie intense mense. Hulle is baie toegewyd aan hul huis en gesin. Hulle is baie beskermend teenoor hul gesinslede. Hierdie mense sal wat ook al hulle aanpak, met geesdrif en swier doen. Hulle is uitblinkers.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die aanduidings vir vandag is glad nie inspirerend nie. Daar is niks gemeen hieraan nie, maar jy voel nie so goed soos gewoonlik nie. Jy voel nie sleg genoeg om siekteverlof te neem nie, maar dis erg genoeg en jy wens jy was by die huis besig om ’n middagfliek te kyk.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is mooi sterre vir die liefde en romanse. Ongelukkig sal hierdie sterre nie lank hou nie. Jy moet dus gedurende die dag daaruit voordeel trek. Die Franse dink die namiddag is die beste tyd vir die liefde. Dink na daaroor.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre om verandering tuis te weeg te bring. Gewoonlik bring die sterre wat jy nou het ’n mens by die punt uit waar jy ’n sekere voorwerp of toestel laat vaar om dit met ’n nuwe, verbeterde weergawe te vervang. Die lewe gaan aan.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag kry jy nuus oor of van ’n familielid of iemand van jou buurt. Die nuus is nie goed of sleg nie; net interessant. Maar dit kan jou aanspoor om jou planne te verander sodat jy iets vir iemand kan doen.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Geld is weer ’n probleem. Dis weliswaar nie ’n groot probleem nie, maar dis iets waarna jy moet kyk om ’n besluit daaroor te neem. Die goeie nuus is: Jy sal die regte besluit neem en alles sal goed uitwerk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit raak ’n bietjie laat in die week vir nuwe projekte, maar dit sal jou nie keer om met een te begin nie. Die goeie nuus is: Jy sal kry wat jy wil hê. Die slegte nuus is: Dit sal langer duur en meer werk verg as wat jy verwag het.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Sake verloop vir ’n rukkie glad, maar dan loop alles skeef. Kom tot stilstand, haal diep asem en begin oor. Dié keer moet jy stadig en metodies werk soos net ’n Tweelinge kan. Jy kan dit doen.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is ’n goeie atmosfeer om tyd saam met vriende en kollegas deur te bring. Dit bring goeie toestande vir partytjies mee, hoewel dit nie altyd partytjies teweegbring nie. Natuurlik kan ’n lang oggendtee of middagete ’n viering wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Af en toe word jy gevra om meer te doen as wat plig vereis; vandag is so ’n dag. As jy so ver gaan, behoort jy ’n bohaai daaroor te maak sodat almal jou kan waardeer.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die grootste deel van die dag sal jou gedagtes by veraf dinge wees. Sommige Maagde sal dink oor ’n reis, moontlik oorsee of na ’n baie ver plek. Dit is altyd ’n genotvolle uitdaging om nuwe plekke te ontdek.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Net wanneer jy dink al die rekeninge is betaal en weggebêre, kry jy nog. Al weet jy dit gaan ’n gat in jou spaargeld maak, moet jy dit betaal. Dit is Murphy se Wet en deel van die lewe.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre om met mense te werk pleks van alleen uit te gaan. Met hierdie sterre is dit baie waarskynlik dat jy take sal aanpak wat gewoonlik nie deel van jou werk is nie. Dit kan ook moeilik wees om hierdie take te verstaan.