JOU DAG

Soek opwindende vriende en ander maniere van vermaak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is slim en geniet jou vryheid. Jy geniet dit ook om uitdagings aan te pak, maar soms moet jy meer sensitief en diplomaties wees in hoe jy met ander te werk gaan.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

’n Vriend, kollega of geliefde het hulp nodig, maar moenie net instorm en oorneem nie. Ou oplossings sal nie help nie – jy moet op hoogte bly van nuwe maniere om probleme op te los.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis ingewikkeld om met familielede te kommunikeer terwyl Venus agteruit beweeg in jou sone vir huishoudelike sake. As jy jou oorgee aan jaloesie en skuldgevoel sal dit sake net vererger!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Put inspirasie uit Barack Obama, wat vandag verjaar, se woorde: “Dis net wanneer jy jou wa haak aan iets groter as jyself dat jy besef wat jou ware potensiaal is.” Gryp die idee aan, Tweeling!

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy verwag sake sal glad verloop, sal jy uit jou gemaksone geruk word. Die planete – veral Mars – moedig jou aan om ’n huidige situasie op ’n heel nuwe manier te beskou.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met Jupiter in jou teken tot 11 Augustus moet jy die meeste maak van die geleenthede om jou. Laat die skrywer D.H. Lawrence jou inspireer: “Ek wil my lewe leef sodat my nagte nie met spyt gevul is nie.”

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

’n Vriend gee jou nuwe inligting wat jou help om uit geldelike moeilikheid te kom. Skop jy vas teen verandering en klou aan ’n oortuiging of ingesteldheid wat al uitgedien is?

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Moenie toelaat dat ’n vriend of kennis jou manipuleer wanneer hulle jou probeer oortuig om iets teen jou beterwete te doen nie. Staan jou man . . . en doen dit met ’n stralende glimlag!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dis tyd om meer openlik met jou geliefdes te wees. Moenie jou gevoelens opkrop as daar iets is wat jou pla nie. As jy slim is, sal jy praat oor wat jou bekommer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die ligging van wonderlike Jupiter is gunstig vir opleiding, reis en om met vriende te netwerk. Jy maak kontak met vriende van ver. Wie weet waarnatoe jou internasionale kontakte mag lei?

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vandag sal daar waarskynlik dramas by die huis of werk wees behalwe as jy baie aanpasbaar is en kalm bly. ’n Geliefde voel ontsteld. Moenie negatiewe opmerkings te persoonlik opneem nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie toelaat dat ongeduld jou terughou nie. Put inspirasie uit Barack Obama, wat vandag verjaar, se woorde: As jy die regte pad volg en jy is gewillig om aan te hou stap, sal jy eindelik vordering maak.”

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Wens jy daar was meer ure in die dag sodat jy die talle take wat gedoen moet word kan afhandel? Die planete laat jou selfvoldaanheid verdamp. Moenie roekeloos met jou geld wees nie.