Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Die maansverduistering op jou verjaardag beteken jy kan ’n betekenisvolle jaar verwag. Dinge begin vir jou gebeur. Daar is ’n paar verliese, maar dit sal ’n bedekte seën wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het uitstekende sterpatrone. Hulle is op pad na sukses. Hulle sal beslis hier en dalk in die buiteland beroemd wees. Hulle behoort op naskoolse vlak en selfs verder onderrig te ontvang.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is kragtige sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Hierdie sterre sal veroorsaak dat jy jou huwelikstaat beskou en ook iets daaromtrent doen. Die goeie nuus is, alles lyk goed.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die maansverduistering vandag affekteer jou werk en ingesteldheid oor werk, maar omdat dit nie ’n werkdag is nie, sal jy waarskynlik net ’n besluit neem wat jou werk beïnvloed. Party Bulle kan besluit om ’n werk in die geklassifiseerde advertensies te bekyk.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag is belangrik vir die liefde en romanse. Party Tweelinge vind nuwe liefde, maar vir die meeste beteken dit hulle verbind hulle tot ’n liefdesverhouding of doen iets om hul status in hul huidige situasie te verbeter.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die klem val weer op die huis, maar dit sal jou pas. Die Kreef is baie ingesteld op die huis en met hierdie sterre moet dinge om jou huis eenvoudig verbeter. Jy wys jou vaardighede.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Met die maansverduistering in jou hoek vir die verstand is dit belangrik om op jou hoede te wees en te dink voor jy optree. Onder normale omstandighede sou ek jou nie hoef te vertel om versigtig te wees nie, maar vandag sal jou aandag te maklik afgelei word.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy tob oor geld en persoonlike besittings. Dit dui nie op probleme daarmee nie, maar dikwels beteken hierdie sterre jy moet voorbereid wees om van jou besittings uit te gooi en dit met nuwes te vervang.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die maansverduistering in jou teken beteken daar sal belangrike omstandighede wees. Skynbaar alledaagse dinge sal gebeur en jy sal dit as niks afmaak, maar later raak dit groter kwessies.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou planne is agtermekaar vir vandag en soos ek die Skerpioen ken, is dit baie goed uitgewerk, maar die sterre wat jy vir vandag het, is buite rekening gelaat. Wees gereed vir vertragings en ongerief.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dikwels laat die sterre wat jy vandag het, ’n paar drome waar word. Die vreemde ding omtrent hierdie sterre is jy sal waarskynlik nie agterkom wat om jou gebeur nie, maar op die ou end sal jy sien hoe belangrik dit was.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag is daar belangrike omstandighede om jou aansien en ego ’n hupstoot te gee. Die gebeure laat jou goed voel oor jouself en oor van die besluite wat jy die afgelope maand geneem het.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Ver plekke is weer belangrik. Jy dink al weer oor hoe baie jy daarvan sal hou om op die oop see of dalk in ’n silwer vliegtuig te wees op pad na die een of ander eksotiese bestemming waar jy van jou sorge kan vergeet.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag se maansverduistering val in jou agtste hoek. Dit sal iets laat eindig, veral iets wat jy gedink het nog ’n hele rukkie sal aanhou. Dit het waarskynlik betrekking op werk of werkomstandighede.