Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit sal ’n onvergeetlike en gelukkige jaar wees. Dit is ’n tyd waarin dinge skielik en onverwags gebeur; jy geniet dinge wat jy geglo het net ’n fantasie was. Jy is geneig om halsoorkop op te tree.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het integriteit en is deur en deur eerlik. Hulle sal aantreklik wees, maar sal sukkel met die teenoorgestelde geslag, meestal deur moeilikheid weens jaloesie. Hulle sal briljant wees op ’n gebied, moontlik die wetenskap.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Iets eindig of dit blyk dit eindig, maar met vandag se sterre is dit moontlik dat dit net uit die oog verdwyn om later weer te verskyn. Maak dubbel seker sodat jy nie later verantwoordelikheid sal moet aanvaar nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie toestande vir kort reise en enige soort kommunikasie. Vir sommige Boogskutters beteken dit lang telefoongesprekke of briewe. Dis dalk die beste om die briewe self af te lewer.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die maan in sy eerste kwartier val in jou hoek vir geld en persoonlike besittings. Baie dikwels beteken dit jy verloor iets waardevols, of dalk leen iemand iets en besorg dit nie terug nie. Dit kan tot ongemaklikheid lei.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag kom jy te staan voor die eerste werklike haakplek in ’n projek waaraan jy werk. Daar is sprake van tou opgooi en liewer iets anders aandurf. Maar die Waterdraer gee nie so maklik moed op nie; jy byt vas.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag moet jy stadig en metodies werk. Met vandag se sterre kan jy maklik dinge doen wat nie in jou beste belang is nie, en ons almal weet hoe so iets eindig. Dit sal dalk help om ’n vennoot te hê.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die goeie nuus is dat iets gebeur wat jy wou hê. Dis moeilik om te bepaal wat dit beteken, maar met jou huidige sterre is dit waarskynlik iets waaroor jy ’n ruk lank stilletjies gedroom het.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iemand doen iets wat jou ontstel. Hulle verseker jou dit was per ongeluk en jy sal daarvan oortuig wees. Maar vra jou af, is so ’n soort ongeluk waarskynlik of probeer iemand jou ’n rat voor die oë draai?

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Daar sal ’n belangebotsing wees en iemand sal die hoë morele grond kies. Die sterre dui nie aan wie ’n moreel meerderwaardige houding aanneem nie, maar as dit jy is, moet jy dalk die moontlike gevolge oorweeg.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag bring onwelkome uitgawes te weeg. Gewoonlik bring hierdie sterre irriterende uitgawes soos parkeerboetes. Jy kan dit net vermy deur reg op te tree of om nie uitgevang te word nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die maan in sy eerste kwartier val in jou hoek vir die huwelik en intimiteit. Dis goed vir jou, want dit sal ’n spesiale toegeneentheid aan jou verhoudings verleen en die weg baan vir nog toegeneentheid later.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy sal dink aan werksake. Nie soseer wat jy doen nie, maar jou vooruitsigte vir groter aansien in die werkplek en hoe jy kan verseker jou kennis word so lank moontlik waardeer.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is tans effens gelukkige sterre om jou. Hierdie sterre bring dalk geldelike belonings mee, maar die waarskynlikheid is klein; as jy iets wen, sal dit dus baie min wees. Die goeie toestande hou meestal verband met jou liefdeslewe.